- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
SA moet opgewonde raak oor Bafana Bafana
deur Cobus Olivier
2010-02-06 05:54
Ons is tydelik in Suid-Korea en leer uit hulle geskiedenis. Die eerste Wêreldbekerwedstryd wat Suid-Korea ooit kon wen, was op eie bodem in 2002. Trots word vertel hoe elke Koreaan, klein, groot, jonk, oud, mooi of lelik die span met hart en siel aangespoor het om vierde in die toernooi te eindig.
Voordat die Springbokke die 1995-Wêreldbeker gewen het, was hulle negende op die wêreldranglys (daar is skaars nege rugbyspelende lande in die wêreld). In die voorafgaande twee jaar kon die Bokke slegs 33% van hul wedstryde wen.
’n Jaar nadat Engeland ’n reuse-nederlaag teen Australië ly, verslaan hulle die Aussies in die Wêreldbeker-eindstryd.
Van die agttien Wêreldbeker-toernooie wat al gespeel is, is een uit elke drie deur die gasheerland gewen.
As die nasie dit kon doen vir die Springbokke, kan die nasie dit vir Bafana Bafana doen. Kom aan, raak opgewonde oor Bafana en versterk ook sommer jou en jou kinders se politieke posisie daardeur.
Cobus Olivier
Wonju, Suid-Korea
.