Bloemfontein

Donderdag

Sunny. Pleasantly warm.

17°C
31°C

7 day forecasts

‘Naweek’ hard, maar tog subtiel

2009-11-23 02:21

NAWEEK deur Toast Coetzer. Tafelberg. Sagteband. R160.

Toast Coetzer is heeltyds joernalis vir WEG, mederedakteur van Ons Klyntji en liriekskrywer vir The Buckfever Underground. En dis net die sondes waarvan ons weet. Nou het hy die vermetelheid aan die dag gelê om ’n roman te skryf. Darem nie sonder leiding nie: Naweek is die jongste boek wat Etienne van Heerden se kreatiewe skryfkursus oorleef het.

Maanhaar Basson is aantreklik, fiks, intelligent, gewild en kan waaragtig sing ook. Hy is oorgelewer aan die waansin wat roem en rykdom bring, ’n gevoel van onaantasbaarheid. Naweek is nie morbied nie, maar dit ís ’n boek oor die donker kant van die lewe, die gekheid van jonkwees. Oor hoe een onvoorsiene oomblik die hel kan loslaat.

Die verhaal skop af met die slot: ’n koerantberig met ’n dramatiese aankondiging. Daarna volg ’n vertelling van wat op Sondag gebeur het. Saterdag en Vrydag volg later.

Om ’n storie agterstevoor te vertel is geen nuwigheid nie, maar selfs ervare romansiers sal sukkel om sulke literêre gimnastiek te laat werk. Hoe boei jy lesers deur by die einde weg te spring en agteruit te loop? Juis deur ’n verhaal te maak van wat ná die dramatiese hoogtepunt gebeur: Die afloop ís die storie. En deur weg te spring met die klimaks sodat dit tóg teen die einde eers aangebied word.
Dis nie net die strukturele eskapades wat Naweek besonders maak nie. Dis goeie, boeiende prosa. Wat kan lekkerder wees om oor te lees as ’n naïewe, verwaande rocker en sy dekadente maters? Drank vloei, daggakooltjies gloei, wit poeiertjies word gesnuif en seks is ’n blote tydverdryf.

Coetzer se beeldende vermoë is byna magies. Soos op bladsy 67: “Om dooie mense te sien is om weer daarvan bewus te word dat jy met ’n handgranaat deur jou lewe stap, die pennetjie lankal uitgetrek, saam met jou naelstring geknip.” Of bladsy 89: “...met een arm op die nat pad asof hy voel asof die aarde nog ’n pols het.”

Maar die lyn tussen ’n treffende beeld en lompe oordaad is dun. “Opgefrommelde klere wat sy slaapkamervloer bedek soos nagemaakte lappoplyke in ’n oorlogfliek” laat die wenkbroue lig. En my “gunsteling”: “plastieksakke vol inkopies wagtend om haar voete soos honger ganse met flappende snawels na bo.”

Die skrywer ervaar (so half ongemerk) begrip en deernis met sy karakters en wek dit ook by sy lesers op: Maanhaar het byvoorbeeld dalk bloot te gou te suksesvol geraak; die noodlot kan hom nog sy ware, goeie self laat ontdek. Of is die teenoorgestelde aan die gebeur?
Naweek is ontstellend oortuigend en hoogs intelligent, ’n “harde” boek met subtiliteit wat ragfyn tussen die intrige deur gespin is. As debuutromans ’n genre op sy eie is, beïndruk Naweek ver buite die grense van die genre.

Roosterbroodjie, jy mág skryf. Jou volgende boek is hopelik langer as ’n naweek.

 – Jaybee Roux, skrywer en vryskutresensent
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-25°C Drizzle. More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-33°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 21-29°C Sprinkles late. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

307 XR 1.6 Estate
2005
R 70,643.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i TenaCiti AB 5-dr
2008
R 64,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i TenaCiti 5-dr
2009
R 74,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!