Bloemfontein

Dinsdag

Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.

18°C
31°C

7 day forecasts

Jeffery werp nuwe lig op SA bevrydingstryd

2009-10-26 03:41

 

PEOPLE’S WAR: NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA. Anthea Jeffery. Jonathan Ball Publishers. R279.

Die waterskeidingstoespraak wat mnr. F.W. de Klerk op 2 Februarie 1990 in die parlementsgebou in Kaapstad gelewer het, het die geskiedenis van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) in ’n ander rigting gestuur, maar ongelukkig nie ’n einde aan die geweld (wat toe reeds etlike jare hoogty gevier het) gebring nie. Waar ongeveer 1 000 mense per jaar tussen 1985 en 1989 gesterf het, was die geweldsterftesyfer meer as 3 400 per jaar tussen 1990 en 1994. Boonop was die oorgrote meerderheid van die mense wat ná 2 Februarie 1990 in geweld omgekom het, nie Suid-Afrikaanse veiligheidspersoneel (soldate en polisie) nie, maar burgerlikes – en meestal swartes.

Vyftien jaar nadat die RSA amptelik ’n ware demokrasie geword het, is dit wenslik dat nie slegs die geskiedenis van die demokratiese RSA bestudeer en geëvalueer word nie, maar ook die jare van Sturm und Drang wat dit voorafgegaan het. Dr. Anthea Jeffery, wat in die regte aan die Universiteit van die Witwatersrand en Cambridge gestudeer het en ‘n doktorsgraad in regte (met spesialisasie in menseregte) aan die Universiteit van Londen verwerf het, het besluit om die geskiedenis van die laaste dekade van die omstrede vryheidstryd, naamlik die gebeure in die jare 1984 tot 1994, na te vors en te boek te stel. Sy was goed toegerus om die taak suksesvol te verrig danksy vorige navorsing wat in boeke soos The Natal story: sixteen years of conflict (Johannesburg, 1997) en The truth about the Truth Commission (Johannesburg, 1999) neerslag gevind het. Sy skram ooglopend nie weg van omstrede temas nie en skroom nie om – gestroop van (onheilige) politieke korrektheid – sensitiewe kwessies tot op die been oop te kloof en krities te ontleed nie.

Jeffery struktureer haar studie aan die hand van ’n inleiding, 17 hoofstukke en ’n slot. In hoofstukke 1, 2 en 3 word die geskiedkundige agtergrond van wat sy die people’s war van 1984 tot 1994 noem, geskets, insluitende die versetstryd teen apartheid soos gemanifesteer in die gebeure in Sharpeville en elders in 1960, die begin van die ANC en sy militêre vleuel, Umkhonto weSizwe (MK), se gewapende stryd (en die mislukking daarvan in die 1960’s), die totstandkoming van die Inkatha-vryheidsparty (IVP), die rol van die swart bewussynsbeweging, die lesse wat versetbewegings uit die oorlog in Viëtnam geleer het (soos goeie beplanning, mobilisasie, die waarde van buitelandse hulp en van ’n uitgerekte stryd, en van die koördinering van politieke en militêre aksie) en die voorbereidings wat in sowel die buiteland as in die RSA getref is om ‘n people’s war hier op ’n groter skaal as ooit tevore los te laat.

Vervolgens behandel Jeffery die bevrydingstryd van 1984 tot 1994 hoofsaaklik chronologies: die begin (1984), die intensivering van die stryd (1985), die mislukking van pogings om in 1986 ’n algemene opstand te weeg te bring, die fokusverskuiwings van 1987, die uitbreiding van die stryd na talle fronte (1988), verset en die Nasionale Party (NP) se hervormings (1989), die verdere eskalering van die people’s war (1990), pogings om ’n tussentydse administrasie te vestig (1991), die komplekse onderhandelingsproses (1991 tot 1993) en die verkiesing van April 1994. In die slothoofstuk word die redes vir die sukses wat die ANC deur die people’s war behaal het, asook die politieke en maatskaplike gevolge van dié stryd, uiteengesit en geëvalueer.

Nadat die ANC in September 1984 sy people’s war verskerp het, het intimidasie en gepaardgaande politieke moorde toegeneem. Die ANC se uitstekende propagandamasjien het egter die indruk gewek dat dit die NP en sy beweerde vennoot, die IVP, was wat vir die geweld verantwoordelik gehou moes word. Simpatie vir die ANC het plaaslik en wêreldwyd toegeneem, terwyl die NP en IVP se beeld skade berokken is. Teen 1993 het die ANC daarin geslaag om die botoon in die onderhandelingsproses te voer en was dit net ’n kwessie van tyd tvoordat hy tdie seël op sy sukses sou plaas.

Die oorgang van minderheids- na meerderheidsregering in die jare 1990 tot 1994 was dus nie noodwendig ‘n “wonderwerk” nie, maar onder meer die gevolg van die ANC se suksesvolle strategie om die politieke mag in die RSA te bekom. In die verband het die ANC/MK se multidimensionele people’s war geen geringe rol gespeel nie. In April 1994 het die ANC inderdaad die politieke oorwinning waarna hy so lank gesmag het, behaal, maar in die proses het daar in tien jaar meer as 20 000 mense gesterf. Die gewapende stryd het ook kragte en magte ontketen wat nie maklik ongedaan gemaak kan word nie. Dit is immers makliker om anargie aan te stig as om weer wet en orde te herstel. Die wortels van talle van die probleme/uitdagings waarmee Suid-Afrikaners van alle rasse vandag worstel, kan dus inderdaad na die dekade wat die politieke draaipunt van 1994 voorafgegaan het, teruggespoor word.

Jeffery se uitstekende People’s war: new light on the struggle for South Africa werp beslis nuwe lig op die bevrydingstryd in Suid-Afrika. Hierdie goed nagevorsde boek word in slapbandformaat deur die Jonathan Ball-uitgewersmaatskappy namens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge uitgegee. Dit bevat ’n lys van afkortings, ’n glossarium, vier kaarte wat die belangrikste brandpuntgebiede en doodsakkers van die bevrydingstryd aandui, ’n nuttige register en ’n redelik omvangryke bronnelys. Die uitmuntende navorsing word weerspieël in die boek se 133 aantekening-eindnote en 2 054 bronverwysingseindnote (pp. 515 tot 606).

Enigiemand wat in die eietydse geskiedenis van Suid-Afrika, die geskiedenis van die ANC, die IVP en die NP, en konflik in die algemeen, belang stel, moet die insiggewende boek lees. Dit sal die leser help om die dinamika van die stuiptrekkings van die apartheid-era, sowel as van die nuwe post-1994-Suid-Afrika, beter te verstaan, en sal hopelik wyd gelees en gedebatteer word. Alle Suid-Afrikaners van alle rasse deel immers ’n groot stuk gemeenskaplike geskiedenis, en die geskiedenis behoort in veel meer besonderhede bespreek te word om ons in staat te stel om sinvol vir ’n beter toekoms te beplan.

– Prof. André Wessels, senior professor, departement geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R460,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Ambiente Quattro Dsl Tiptronic MY09
2008
R 349,000.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Single Residential R5,000,000

WHITE RIVER

Single Residential R10,900,000

SUNNINGHILL

Multiple Unit R2,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!