Wat kyk jy?

2012-01-27 22:22

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was nie sy swart vel wat my eerste opgeval het nie, hoewel ek dink donker mense is mooi. Dit was ook nie regtig daardie eerste soen nie, die een wat ’n effense verrassing was toe ons ontmoet het.

Dit was eerder die ondeunde vonkel in sy oë en die manier waarop hy die frase “damsel in distress” ironies gebruik het wat my van hom laat hou het. Die res het só natuurlik gekom dat ons nie eens probeer het om ’n definisie uit te dink vir wat tot dusver ’n gemaklik-gerieflike verhouding is nie.

Wanneer ons uitgaan, stel hy my voor as sy meisie, en dit pla my nie – hy het nog nooit probeer om my te versmoor of te besit met dié etiket nie.

Tydens die ANC se eeufeesviering in Bloemfontein het ons ’n glas geklink op ons spesiale vriendskap. “So dit is waarvoor ons 100 jaar lank ge-struggle het,” het ’n vriend en partylid by die tafel langsaan gespot.

Hy het dit as ’n grap bedoel, maar dalk is liefde oor rasgrense heen een van die laaste skanse wat ’n eeu se struggle nog nie heeltemal kon afbreek nie. Of dít is wat ’n mens kan dink indien vandeesweek se reaksie op die DA Studenteorganisasie (DASO) se advertensieveldtog enigsins ’n maatstaf is. Die reaksie op dié plakkaat het gewissel van “Ja, en?” tot skok, bewerings van uitbuiting, en die aanklag van rassisme.

Op die prentjie omhels ’n wit man en ’n swart vrou mekaar. Albei is kaalbolyf. Onder die DASO-handelsmerk verskyn die woorde: “In OUR future, you wouldn’t look twice.”

Die DA-jeugleier, Makashule Gana, het op Talk Radio 702 gesê die plakkaat beeld ’n liefdevolle verhouding uit, maar dit was waarskynlik sy poging om die veldtog te verdedig teen dié wat die plakkaat volgens gender- en rasse-dinamika ontleed het. Van dié kritici het beklemtoon dat swart vroue, wat driedubbele onderdrukking ervaar omdat hulle vroue, swart en soms arm is, nog altyd dié was wat onder beland het.

Gana wou die prentjie seker ook moreel verhef bo die veelrassige vleeslike – ’n foto van ’n liefdevolle verhouding is seker iets anders as kiekies van listige lakenkaskenades buite die konteks van ’n verhouding?

Die plakkaat was deel van ’n studenteraad-verkiesingsveldtog, en parodieë daarvan het binne ’n dag op die internet verskyn – ’n kompliment in die bemarkingswêreld. Dis bespreek op Facebook, op Twitter, in die nuus.

Die DASO het hiermee dieselfde rasse-snaar raakgeboor as dié wat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, dikwels tokkel; maar anders as hy, sal hulle nie daaroor in die pekel of die hof beland nie. Nie almal gaan hulle noodwendig nou haas om vir die DA te stem nie, maar die plakkaat het die DASO gehelp om naam te maak.

Iemand wat byna vry gebore is (hy word vanjaar 19), vertel my dat hoewel veelrassige verhoudings onder sy ouderdomsgroep aanvaar word, daar nog min swart meisies is wat ’n wit ou het. Die DASO het dus vir optimale omstredenheid gesorg.

Tot my spreek die plakkaat nie. Ek het eintlik gedink dit is ’n bietjie neerbuigend van die DA-jeug om te verwag ons moet in 2012 nog só “geskok” wees oor sulke beelde dat ons daaroor sal nadink – asof die ou Ontugwet ons nie sedert 1957 daaroor laat tob het nie. Aan die ander kant is mense wat soos ek in hul laat dertigs is, waarskynlik nie deel van die teikengehoor nie. Wie jonger as 26 is, sou nog nie eens gebore gewees het toe die wet wat seks en huwelike tussen die rasse verbied het, in 1985 geskrap is nie.

Party kritici het gereken die DASO se veldtog herinner aan die United Colours of Benetton-klerereeks se advertensies van die jare negentig. Dit was toe aktueel, maar is nou, wel, ’n bietjie kleurloos.

Ironies genoeg het die DASO se veldtog begin in die week waarin die glanspaar Heidi Klum en Seal se paaie geskei het. Veelrassige verhoudings is deesdae so “normaal” dat ras nie eens genoem is as ’n faktor in hul skeiding nie. Die rede wat gestaaf is, was eerder dat Seal te veel van partytjie hou en Heidi die kinders moes oppas – iets waaroor gewone paartjies stry.

Die feit dat die plakkaat ’n DA-verwante organisasie bemark, was dalk die ding wat sommige mense die meeste die harnas in gejaag het: Die opposisie het die persoonlike weer verpolitiseer op dieselfde manier as wat die Ontugwet destyds gedoen het.

Toe ek vandeesweek ’n vinnige, nie-wetenskaplike opname gedoen het, het dit geblyk dat selfs sommige DA-leiers nie van die DASO-veldtog hou nie. “Die DASO is ’n onderafdeling van die DA-Jeug, wat ’n onderafdeling van die DA is,” het een leier gesê en so die afstand tussen die organisasies probeer bevestig. Dit is immers nie die DA se styl om te probeer skok met ras en dít in die kollig te plaas nie.

Maar die reaksie op die plakkaat was steeds interessant. Mense het uiteenlopende redes gegee om hul afkeer te regverdig: sommige het die modelle se naaktheid genoem, ander het na MIV/vigs verwys.

Ek het nog nie self openlike vyandigheid ervaar oor my verhouding met my vriend nie – nie van my ouers nie, nie van my vriende nie, nie wanneer ek saam met hom uit was nie.

Miskien is dit omdat die mense wat na aan ons is, nie vaskyk in ras nie, of miskien omdat ons verhouding nie van ’n formele aard is nie.

My vriende sê die diskriminasie wat getroude veelrassige pa- re (of veelrassige pare met kin- ders) ervaar, is erger – dalk omdat mense voel hul waardes word meer daardeur beproef.

Die dogter van ’n wit pa en ’n swart ma het my vertel mense staar steeds in winkelsentrums na haar gesin, maar sodra verbygangers hoor hulle praat Frans, is die kyke minder krities. Dit blyk hieruit dat baie Suid-Afrikaners nog nie kan verstaan hoekom hul landgenote veelrassige verhoudings sal hê nie.

Dit het al een of twee keer gebeur dat ek saam met my vriend uitgegaan het en ander mense aanvaar het ek is ’n buitelander. Dit was irriterend, maar dalk nie so pynlik soos dit is vir swart vroue wat met wit mans uitgaan om as prostitute bestempel te word nie.

Ek het al gehoor sommige swart mans sê hulle is bang hulle sal kokosneute genoem word as hulle ’n wit meisie het – vandaar dat hulle “geheime” verhoudings verkies. Dit maak hulle na my mening lafaards.

Dan is daar die effek van seksuele agterdog en nuuskierigheid – die meeste mense het al met mense van verskillende rasse saamgewerk, maar nog nie saam met hulle geslaap nie. Van my vriendinne wou weet hoe dit is om seks met ’n swart man te hê. Die meganika werk presies dieselfde.

Daar is ook die avontuur van diversiteit: my vriend reken, byvoorbeeld, my wit vel gloei in die donker, en dit kom handig te pas. En nou die dag toe hy laat was en ek betyds, het hy sy kultuur geblameer (dit was eintlik die whiskey se skuld).

Gegewe dat ons in die onstuimige jare sewentig en tagtig grootgeword het, is daar ’n mate van geskiedkundige bagasie in ons vriendskap. Maar dit oorskadu nie die goeie nie. Dit is bevredigend om te dink ons kan nou ’n bed deel ondanks die verdeeldheid van die verlede.

Dikwels word na die Ontugwet verwys om te illustreer hoe die apartheidsregering ons lewe volkome beheer het – dit het selfs oor ons mees intieme verhoudings besluit. Dit blyk sommige Suid-Afrikaners, wit en swart, leef steeds met ’n geïnternaliseerde weergawe van dié wet.

- Carien du Plessis is ’n politieke verslaggewer by City Press.
 

The Kiss (2001) deur die kunstenaar Tracey Rose.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.