Ja, ek ís ’n present-snob

2010-03-06 06:00

Linette Retief

’n Vuvuzela is ’n present wat ek net sal gee vir ’n kind van wie se ouers ek niks hou nie. Ek het die ding een kyk en ’n halwe luister gegee, en van toe af vermy ek die aankoop daarvan soos die runderpes, met die nie-beskamende hoop dat my eie persoonlike Boksom-bende ééndag vir my gaan dankie sê.

’n Bafana Bafana-hemp? Miskien, as Mr Price of Pep Stores dit verkoop. ’n Fifa-kepsie? Dalk as die Wêreldbeker verby is en jy kan dit vir 10c kry. ’n Zakumi-sleutelhouer? Sien Fifa-kepsie. Maar ’n vuvuzela? Net vir my beste vyande.

Wat sê dit van my? Dat ek ’n geraassensitiewe ouer met ’n beperkte begroting is en hopelik genoeg common sense om nie te val vir elke tweede Wêreldbeker-bemarkingsfoefie van Fifa nie? Of ’n teef met haar oor op die grond vir mense met slegte geraas-karma?

Hoe dit ook al sy, met dié stigtende gedagte as stimulus dink ek nou al die afgelope week of drie diep na oor presente; oor al die wonderlike en minder wonderlike geskenke wat ek deur die jare gekry en gegee het.

Een van my eerste herinneringe: inkleurboek en kryte was koning, klere was laer as kreefk*k. En so loop ek kort voor my negende verjaarsdag met my maatjie Marieta in die straat af en vra in alle kinderlike onskuld: “Jy gaan seker weer vir my sokkies gee.”

Mmm, dat ons vriendskap nog etlike jare lank oorleef het, is seker ’n wonderwerk in die kleine. ’n Paar dekades later dink ek weer daaraan toe ek êrens lees: “’n Geskenk is nie ’n geskenk as die persoon wat dit ontvang dit nie as ’n geskenk beskou nie.”

Mega-mmmm – en fast forward nog ’n dekade na die jaar toe ek ’n pakkie brieflets met hondjies op (wie onthou nog brieflets!) kry van iemand wat ek as ’n goeie vriendin beskou het. Vir baie jare was dit vir my die einde van ’n eens belowende vriendskap (al was die hondjies eerder as kraanvoëlblomme of proteas prysenswaardig).

Oukei, nog ’n voorbeeld, en een laaste fast forward na die liefdadigheidswinkel Bounty Hunters in Melville, Johannesburg. Hulle kry naamlik net ná Nuwejaar hul grootste toevloei van skenkings, hoofsaaklik bestaande uit Kersgeskenke wat mense nie wil hê nie. Ek kan my net indink hoe ’n geknakte riet tant Joey gaan wees as sy die stelletjie bafta-pienk badgoedjies wat sy uit die diepte van haar hart vir haar niggie se Goth-dogter gekoop het, tussen die gehekelde speelgoed, getjipte 19-voertsek-blompotte en Joe Dolan CD’s sien.
 
Mettertyd, met die wysheid van my grysheid, het ek nog ’n belangrike ding van die sielkunde agter present-gee begin verstaan: dat die geskenk vir die ontvanger moet laat voel dat die gewer iets van hom of haar verstaan.

Byvoorbeeld: In die lente van ons liefde daag my gewese man, tóé nog my kêrel, een Sondag ná ’n besoek by sy oupa in Swartruggens by my voordeur op met ’n bos kosmosse wat hy vir my langs die pad gepluk het. Dit het vir my meer beteken as wat ’n American Swiss-ring sou – of, laat ons nou eerlik wees, ’n reuse-kosmos-skildery!

Nog iets wat ek altyd met groot belangstelling dophou, is die fenomeen dat babas baie eerder met die toedraaipapier speel as met die (dikwels) peperduur opvoedkundige speelgoed wat daarin toegedraai is en waarmee hulle, vir minstens ’n jaar of twee, nie ’n saak het nie.

Dis nou net wat betref die kry van presente. Die gee sit weer ’n ander spin op die bal. Die Amerikaanse oud-president Calvin Coolidge het glo gesê: “No person was ever honored for what he received. Honor has been the reward for what he gave.”

Die akteur Willem Dafoe het eweneens iets kwytgeraak wat my bybly: “If there’s one thing in life I’ve learnt, it’s this: I don’t give this to get that, I give this to give this.” Dis nogal ’n diep een. Want toe ek nou hand diep in eie boesem steek, toe begin sien ek hoe maklik dit is om te manipuleer met presente.

Dis net so ’n bedrieglik gerieflike manier om te sê: “Hou asseblief van my,” “Wees my maatjie,” “Gee vir my ’n groter/ beter/duurder present terug,” en nog ’n wye verskeidenheid meer of minder vry-lekker sentimente.

Die sielkunde agter presente is vir my ’n geskenk wat aanhou gee. En as ’n present-snob is dit vir my ’n punt van eer om so goed te gee as wat ek kry, indien nie beter nie. Vir die rekord: Present-snobisme het niks met koste te doen nie; dit het te doen met liefde en insig in die mens aan wie jy gee, dat jy vir iemand iets sal gee wat hulle graag wil hê (en nie iets wat jy nog altyd graag wou hê, maar nooit vir jouself sal koop nie).

So ja, my vriende kan uitsien na hopelik liefdevolle en weldeurdagte presente. En my vyande? Wel, daarvoor is daar altyd vuvuzelas, en natuurlik brieflets wat dalk nog tussen die 19-voertsek-blompotte en die Joe Dolan CD’s lê en stof vergaar.

Al is dit net stof tot nadenke.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.