Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Dít wat ons nié dink

2010-03-06 06:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Julian Müller

Wat maak ’n mens daarvan as ’n Nederlandse dominee sê dat God vir hom gebeur en nie bestaan nie? En boonop deur die kerk vrygespreek word en toegelaat word om met sy bediening voort te gaan?

Die uitsprake van ds. Klaas Hendrikse, wat bekend staan as die ateïstiese dominee van Nederland, is behoorlik ’n knuppel in die hoenderhok.

Hendrikse verduidelik sy eie posisie as ateïsties, omdat hy nie ’n teïs is nie. Hy is teen teïsme en in dié sin ’n ateïs. Hy maak dit egter duidelik daar is vir hom ’n onderskeid tussen ’n ateïs en ’n godloënaar, wat hy nie is nie.

Dit is ook veelseggend dat die ring (klassis) van Zierikzee in die oorweldigend konserwatief-Protestantse provinsie Zeeland ná ’n ondersoek bevind het Hendrikse kan voortgaan met sy werk as dominee.

Hendrikse sê “God bestaan nie”, maar “God gebeur”. En hierdie gebeur van God vind veral tussen mense plaas. Volgens ’n berig in Beeld (5 Februarie) het hy gesê: “God is vir my geen wese nie, maar ’n woord vir wat tussen mense kan gebeur.”

Soos ek Hendrikse verstaan, probeer hy wegbeweeg van teïstiese taal oor God en bevraagteken hy daarom die woord “bestaan”.

Dit is ’n vraag of sy voorstel van “gebeur” ons help tot ’n nuwe verstaan wat bevrydend is van die verknegting van die teïsme.

In die teïsme is God ’n aparte wese wat iewers eenkant sy eie bestaan voer. ’n Wese met eienskappe soos almag, goedertierenheid en geregtigheid.

Van dáár af, vanuit sy eie domein, maak hy met ons kontak en onderhandel hy met ons oor ons saligheid of verdoemenis. Hierdie God is konsekwent manlik en sterk.

Die verskil tussen die deïstiese en die teïstiese godsbeeld is dat in eersgenoemde die godheid onbetrokke en veraf sy eie bestaan voer en die heelal soos ’n klokwerk opgestel het wat volgens sy eie wetmatighede afloop.

Die teïstiese godsbeeld, daarteenoor, plaas God steeds buite en ver, maar Hy is ’n God wat betrokke is en in verhouding met die mens tree.

Ons het oor geslagte en eeue só deurdrenk geraak van teïstiese godskonsepte dat ons dit byna onmoontlik vind om in enige ander kategorieë oor God te dink en te praat. En as jy dit wel waag, word jy maklik verketter. Ons het eenvoudig begin om God gelyk te stel aan ons selfgeproduseerde begrippe/taal/dogma oor God.

Sowel die deïsme as die teïsme is gebore uit die konstellasie-wêreldbeeld: daardie antieke siening wat die ganse heelal in drie lae opgestel het, met God op die boonste verdieping, ons op die ondermaanse (middel), en die bose in die dieptes onder die aarde.

Tot en met die bevindinge van Kopernikus en Galileo was dít die enigste en gangbare wêreldbeeld. Binne so ’n konstellasie kan nie eintlik anders oor God gedink word as in teïstiese konsepte nie.

Die metafoor is ’n drieverdiepinghuis. God woon op die boonste verdieping en tree soms met die onderste verdiepings in interaksie, soos in Psalm 2 beskryf word.

Met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer ’n bo en onder in die heelal is nie en waar daar bewyse is van ’n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare, word dit vir die denkende mens toenemend moeilik om aan ’n teïstiese God te glo.

Wat is die uitweg?

* Sommige mense verwerp God geheel en al (godloënaars).
* Sommige verwerp die nuwe idees en hou net krampagtig vas aan ’n letterlike verstaan van die Bybel.
* Sommige verwerp die teïsme en word ateïste (Hendrikse).
* Sommige sê hulle weet glad nie en is agnostici.
* Sommige verloor alle belang by die vraag en word agnoste (agnosme is ’n nuwe, opkomende kulturele tendens waar die vraag na die bestaan van God mense eenvoudig nie meer interesseer nie).

Die uitweg kan dalk in ’n ander rigting lê: As ons by ’n punt kan uitkom waar ons nie a-teïsties dink nie, maar post-teïsties. Gelowig, maar by die teïsme verby en nie in stryd daarmee en in reaksie daarop nie.

Miskien bedoel Hendrikse dit so, maar dan is dit jammer dat hy homself as ’n ateïs bestempel, want dit skep baie verwarring.

Ek, aan die ander kant, sou myself ’n post-teïs wou noem. Dit beteken ek aanvaar doelbewus dat daar ’n era met denkwyses en taal oor God verbygegaan het.

Natuurlik word ek nog daardeur beïnvloed en is dit bykans onmoontlik om nie reste daarvan in my eie denke en taal saam te dra nie. Ek dink nog, praat nog en sing nog in die ou taal en word selfs daardeur aangespreek.

Aan die ander kant weet ek dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefassineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God.

En dan ontdek ’n mens daar is Bybelse uitsprake oor God wat die post-teïstiese verstaan van God ondersteun. Dit het nooit dogma geword nie, en dit was miskien nie so dominant in die vorming van ons wêreldbeeld nie, maar dit was heeltyd daar.

In kerklike dogma is allerhande filosofiese eienskappe aan God toegedig, maar die Bybel praat bloot van God as Liefde en Gees.

En het iemand al die diepte van die betekenis van Paulus se uitspraak in Atene (Handelinge 17:28) deurgrond?: “Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.”

Dít klink na taal wat pas by ’n post-teïstiese verstaan van God.

Vir baie Christene is die panteïsme, waarvolgens alles in God is en God in alles, ’n uitweg uit die vasgeloopte teïsme.

Dán word God die immer Moontlike, die Een wat is en wat was en wat kom; die Een wat om elke hoek en draai kan verskyn in enige gedaante of gebeure, maar wat nooit voorspel en vasgevang kan word in ons gedagtes en formulerings nie.

Die God, oor wie ek nie meer kan praat asof “hy” ’n manlike koning of generaal is nie, maar die God wat nooit verder van my af is nie as my eie gedagtes en woorde.

Soos dit treffend verwoord word in Stef Bos se “Lied van God”:
Ik ben de wolken en de wind
Het vuur dat eeuwig brand
Ik ben de stroming
De zee
Ik ben het grenzeloze land
Onvoorspelbaar
Ik ben niet wat je denkt
Er is teveel van mij gemaakt
Wat ik helemaal niet ben

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Senior Voip Engineer

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R360,000-467,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 307,471.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Ambiente 155kW MY09
2009
R 335,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video