Die taal wat ons praat

2009-12-18 22:02

Grafika: Hanlie Malan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Geen variëteit van Afrikaans kan as die enigste aanvaarbare of “eintlike” Afrikaans beskou word nie – nie die klassieke kultuurvariëteit nie en ook nie die meer informele spreektaal met ’n hoë mate van Engelse invloed nie, skryf FRITZ PONELIS.

Die woord “demoties” is afgelei van die Grieks “demos”, wat “volk” beteken. Onder “demoties” word dus verstaan “volksaardig, populêr”. Dit is die soort Afrikaans wat in die volgende voorbeeld geïllustreer word:

Dad het altyd vir my gesê: “Watch daai musclebound types close, daai laities met die muscles orals behalwe in die hart. Naturally, hulle is maar mense soos almal van ons, maar baie van hulle is mamma’s boys wat al die tyd in die wêreld het om bodybuilding te doen, want by die huis loop hulle ouladies agter hulle aan en optel.

Guts vir wat die lewe elke dag jou kant toe gooi, het baie van daai muscle babies nie. As hulle uit die huis uitgaan, soek hulle maar weer ‘n ma om hulle te pamper. I’m telling you, net daar gaat jy inkom, as jy ‘n bloody fool wil wees.”

Dis nie dat Dad ‘n sissy of ‘n proto-feminist was nie, no ways. Hy was net ‘n independent met ‘n taste vir bier en skelm stukke, ‘n true-blue sceptic as daar ooit een was.

Actually het ek daai tyd min notice van die ou toppie gevat. Die ou was anyway nie vreeslik talkative nie en mostly as hy van die job af kom, was hy by sy pals of by die races.

Maar die dag toe Jason sy moves begin maak het, het die St. Christopher pendant tussen sy borshare my geremind van Dad se woorde. Ek het vir Jason gewatch, so goed as wat ‘n jong, adventurous chick ‘n stunningly sexy ou soos Jason kan watch wat nogal dik in die dough is ok.

My close encounter of the third kind met Jason was by ‘n pool in die northern suburbs, a world away van my home turf in die weste. Ek was altyd mechanically minded, so dit was vir my baie easy om ‘n job by die pool cleaners te land.

Dit meen die pool was nie vir my ‘n plek om in ‘n scanty bikini en ‘n full body tan rond te lounge nie. Ek was ‘n professional met ‘n job om te doen en min tyd vir fun en games.

Teenoor demotiese Afrikaans staan klassieke Afrikaans, die kultuurvariëteit van Afrikaans.

Die bestaan van twee sulke wyd uiteenlopende variëteite het te doen met ’n verskynsel wat diglossie heet. Dit dui op twee skerp verskillende taalvorme wat in afwisseling, naas mekaar, deur ’n taalgemeenskap gebruik word, een vorm meer formeel, die klassieke variëteit, en die ander, die demotiese variëteit, minder formeel.

Diglossie kom algemeen in ’n groot verskeidenheid van die wêreld se taalgemeenskappe voor, en in verskillende vorme, onder andere die drie wat hier onder bespreek word.

Die diglossiese taalvorme is twee verskillende tale.

Hierdie verskynsel kom algemeen onder Afrikataalsprekers in Suid-Afrika en die res van Afrika voor, waar die klassieke variëteit Engels is en die demotiese variëteit ’n inheemse moedertaal; in Suid-Afrika: Zulu, Xhosa, Swati, Tswana, Tsonga en Venda, Sjona; insgelyks ook in Zimbabwe, Zambië, Botswana, Namibië, Kenia en Nigerië. In Mosambiek en Angola is die klassieke variëteit Portugees; in die Kongo en Gaboen is dit Frans.

Onder Afrikataalgebruikers is dit ’n baie stabiele toestand aangesien daar tans geen teken is van pogings om die moedertaal ten koste van Engels as kultuurtaal te bevorder nie. Daar is nog talle voorbeelde van hierdie tipe diglossie, maar hiermee word volstaan.

Daar is derduisende Afrikaanssprekendes wat Afrikaans net as demotiese variëteit gebruik, dus as omgangstaal en spreektaal, in die familiekring, die buurt en die vriendekring.

Engels funksioneer in wat ons die taalrepertorium van hierdie mense noem as die klassieke variëteit, die kultuurtaal wat deur hulle as lees- en skryftaal, onderwystaal, taal van die geloofslewe en as werkstaal gebruik word.

In die taalrepertorium van ’n groot getal Afrikaanssprekendes funksioneer Engels meer beperk as klassieke variëteit, byvoorbeeld net as werkstaal (weliswaar ’n omvattende gebruik), leestaal of geskrewe taal.

Transaksies tussen Afrikaanssprekende sakelui en hulle klante verloop algemeen soos volg: Die transaksie word in Afrikaans bespreek. Die sakeman oorhandig aan sy klant ’n besigheidskaartjie net in Engels, berei ’n Engelse kwotasie, faktuur en rekening voor en reik uiteindelik ’n Engelse kwitansie uit.

In die verlede, tot aan die begin van die twintigste eeu, het Afrikaans in hierdie selfde betrekking tot Nederlands gestaan: Nederlands was Afrikaanssprekendes se lees- en skryftaal, onderrigtaal, die taal van die administrasie en die geloofslewe (die kerk, die Bybel en stigtelike lektuur).

Die feit dat Afrikaans in die Nederlandse tyd as “kombuistaal, patois” afgemaak is, dui op sy demotiese status binne hierdie diglossieverhouding.

Afrikaans-Nederlandse diglossie het langer as twee eeue geduur: van die sewentiende eeu af tot aan die begin van die twintigste eeu.

Afrikaans het reeds voor die einde van die sewentiende eeu sy beslag gekry as taal wat ingrypend van Nederlands verskil. Afrikaans het byvoorbeeld die onderskeid in woordgeslag (tussen de- en het-woorde) verlore laat gaan.

Die verskil tussen teenwoordigetydsvorm en verledetydsvorm in die werkwoord het verdwyn (staat, “staan” teenoor stond, “het gestaan”).

Dit is maar net ’n paar van die drastiese verskille. Afrikaans het spreektaal gebly, en Nederlands is deur die Afrikaanse taalgemeenskap as klassieke variëteit gebruik, dus in alle kultuurfunksies.
 
Ten tweede: Die demotiese taalvorm is ’n streektaal, soos byvoorbeeld in groot dele van Europa.

Hoogduits (die klassieke variëteit) staan byvoorbeeld teenoor Duitse dialekte soos Switserse Duits, Rynse Duits, Alemannies, Frankies en Beiers.

Nederlands is die klassieke variëteit ten opsigte van dialekte soos Wes-Vlaams, Oos-Vlaams en Suid-Brabants. Ook die betrekking tussen die klassieke Arabies van die Koran en die Arabiese literatuur aan die een kant en Libanese/Siriese/Irakkese/Egiptiese/Palestynse Arabies aan die ander val hieronder; verder ook die verhouding tussen klassieke Afrikaans en die ekstreme of vernakulêre vorm van Kaapse Afrikaans:

Remind hulle Lord,
So by the way,
Om dril te oefen
En loyal te bly.
Vir daai dag wanneer ekke kom,
Die general met sy strepe kom
Om die Hemelse army te join.

(– Marius Titus: Gebed)

Innie press-conference
Wat gafollow het
Het hy ga-apologise
En sincere regrets ga-express
Lat hy dié assignment so lank moes cancel,
Hy’t werklik gatry sy beste
Ma soes hy ga-explain het
‘n celebrity follow nie sy eie nie
Ma sy Manager se wil.

(– Adam Small: Second Coming II)

Ten derde: Demotiese Afrikaans is, soos dialektiese Afrikaans, ten nouste verwant aan klassieke Afrikaans, maar is in teenstelling met byvoorbeeld Kaapse Vernakulêre Afrikaans deur die hele Afrikaanse taalgemeenskap versprei.

Die gebruikers van demotiese Afrikaans kom dwarsdeur die Afrikaanse taalgemeenskap voor, in alle streke, in alle sosiale groepe, van kwalik geletterdes tot geleerde kokkedore. Dit beteken dus dat Kaapse Vernakulêre Afri- kaans maar een van die vorme van demotiese Afrikaans is, maar hoegenaamd nie die enigste nie.

Belangrike kenmerke van demo- tiese Afrikaans is die volgende:

J?Demotiese Afrikaans is hoofsaaklik spreektaal en een vorm van Afrikaanse omgangstaal. “Demotiese Afrikaans” en “Afrikaanse omgangstaal” moet nie aan mekaar gelyk gestel word nie, aangesien die omgangstaal soos dit deur talle sprekers gebruik word, glad nie demoties is nie.

J?Die prominentste struktuurkenmerk van demotiese Afrikaans is die ontsettend hoë mate van Engelse invloed. Dit is so dat Afrikaans in sy geheel ’n groot mate van Engelse inwerking vertoon – dit wemel ook van die “Anglisismes” in klassieke Afri- kaans (Donaldson 1991, Rousseau 1937).

Maar, soos wat uit die reeds vermelde voorbeelde blyk, is die graad van Engelse invloed in demotiese Afrikaans veel hoër as in sowel die gewone omgangstaal as klassieke Afrikaans.

Demotiese Afrikaans is oud maar het lank “ondergronds” gebly. Dit het waarskynlik in die eerste helfte van die negentiende eeu al ontstaan, toe talle huwelike tussen Afrikaanssprekende vroue en Britse Setlaarmans gesluit is, waardeur Engels naas Afrikaans part en deel geword het van baie Afrikaanse huishoudings.

Demotiese Afrikaans is, suiwer taalwetenskaplik beskou, geensins ’n mindere taalvorm nie, maar doodeenvoudig een van die vele variëteite van Afrikaans, naas onder meer klassieke Afrikaans, Noordwestelike Afrikaans en die Afrikaanse omgangstaal in die algemeen.

In die redelik onlangse verlede het demotiese Afrikaans tot ’n geskrewe taalvorm begin ontwikkel, eers in die literatuur en later in meer saaklike skryffunksies.

Die tendens het begin by Adam Small, wat hom van een vorm van demotiese Afrikaans in sy geskrifte bedien het, naamlik Kaapse Vernakulêre Afrikaans. Ná hom het ’n hele stroom tekste in KVA gevolg, onder andere deur Peter Snyders en Loit Sôls, terwyl hierdie variëteit vandag die Afrikaanse variëteit is wat deur die Kaapse Son gebruik word.

In die tagtigerjare het die Vrye Weekblad stukke in sterk demoties gekleurde Afrikaans begin publiseer. Die taal van Koos Kombuis en Jeanne Goosen se skryfwerk het ’n prominente demotiese inslag.

’n Spoorslag vir die skryftalige ontwikkeling van demotiese Afrikaans was die verset teen apartheid en die verbinding tussen klassieke Afrikaans en hierdie ideologie. Belangrik is dat hierdie verset in Afrikaans tot uiting gekom het.

Die gevoel was sterk, hoewel nie volstrek algemeen nie, dat ’n staanplek buite klassieke Afrikaans, dus in demotiese Afrikaans, gevind moet word van waaruit ideologiese kritiek gelewer kon word.

Klassieke Afrikaans het sy eie besondere plek as kultuurtaal van die Afrikaanse taalgemeenskap. Dit behoort as sodanig deur alle Afrikaanssprekendes en alle instansies bevorder te word.

Die staat en die Grondwet laat genoeg speelruimte daarvoor, al is die staat se hantering teenoor Afri- kaans nie heeltemal so positief as wat dit kan wees nie. (Trouens, die beleid van elf amptelike tale is ’n onhaalbare absurditeit, maar was ’n briljante skuif om Afrikaans in die onderhandelingsproses tydens die politieke oorgang uit te maneuvreer.)

Skrywers, die media, die kerk, onderwys, geloofsorganisasies en die regering moet elkeen hulle deel doen. Klassieke Afrikaans bevind hom in ’n vryemark-situasie, waar nie die staat nie, maar die Afrikaanse taalgemeenskap en sy instellings die roeping het om klassieke Afrikaans te ondersteun en te bevorder.

Geen variëteit van Afrikaans is te beskou as die enigste aanvaarbare of “eintlike” Afrikaans nie. Dit geld vir klassieke Afrikaans in gelyke mate as demotiese Afrikaans. Om byvoorbeeld klassieke Afrikaans te probeer uitskakel en deur demotiese Afrikaans te vervang, is ’n sinlose oefening.

Klassieke Afrikaans is ’n volledig ontwikkelde kultuurtaal: Watter aardse sin sou dit hê om oop deure in te skop en al die kultuurterreine waarop Afrikaans reeds ten volle funksioneer, van nuuts af, met ontsaglike moeite, te probeer verower?

Origens is dit hoogs twyfelagtig of ’n variëteit soos demotiese Afrikaans wat so ingrypend deur Engels beïnvloed word, hom op sy eie teen Engels sal kan handhaaf.

Die invloed bring demotiese Afrikaans so ná aan Engels dat met die volste reg gevra kan word of dit enige sin sal hê om hierdie variëteit op sy eie naas Engels te probeer hê. Met reg kan geredeneer word dat daar naas Engels in sy suiwer vorm geen bestaansreg sou wees vir ’n Afrikaans wat in sy geheel soos demotiese Afrikaans daar uitsien nie.

In sy gedig “Goema” stel Loit Sôls die saak so, met verwysing na Kaapse Vernakulêre Afrikaans:

Some sê soema prontyt,
Soes pus yt ’n wond yt:
“Ag is opgeMengels,
Ôs praat dan lieweste Engels.”

Fritz Ponelis was ’n afgetrede professor in die Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is Donderdagaand teen By se druktyd aan kanker oorlede.

Bronnelys
Donaldson, B.C. 1991. The influence of English on Afrikaans. Pretoria: Academica; Crystal, D. 1991. Dictionary of linguistics and phonetics. Bl. 104: diglossia. London: Blackwells; Ponelis, F.A. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap. Annale van die US; Rousseau, H.J. 1937. Die invloed van Engels op Afrikaans. Kaapstad: Maskew Miller.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.