Die ewige Van den Heever

2010-07-23 22:25

Grafika: Jaco Grobbelaar

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Soms is dit nog vir my onwerklik, maar dan knyp ek myself, en ek sê vir myself: ‘Germie, ruk jouself reg, julle doen iets belangriks – C.M. van den Heever gaan weer lewe!’ En dan kalmeer ek en sien uit na die boeke wat kom.”

Só wei Germiena-Lucinda Rüsme uit oor haar klein Afrikaanse uitgewery, Ubuntu, se planne om nuwe werke deur C.M. van den Heever uit te gee, hoewel Van den Heever reeds in 1957 die tydelike met die ewige verwissel het.

“Ons doen dit met respek, sê ek jou. Ons volg ’n soort uitgewers­tradisie.

Kyk na Virginia Andrews se boeke, en ook die Jason Bourne-boeke wat steeds aangaan met ’n ander skrywer ná Robert Ludlum se dood.

Meer kommer­siële genres daardie, maar steeds, dit word baie gedoen, veral met internasionale skrywers.

“Ons het die regte by die ontslape skrywer se familie gekoop, en ons het spookskrywers in diens geneem om die nuwe Van den Heever-titels te skryf.

Ek hou egter nie van die woord ‘spookskrywer’ nie; dit het soveel donker assosiasies, jy weet.”

Rüsme het Ubuntu twee jaar gelede op die been gebring, maar hulle het tot op hede slegs twee titels gepubliseer: Verlossing op my bedkassie – Dagstukke vir die gelowige tiener en die kookboek Oumagrootjie se toeka-kos.

“Ons is opgewonde. Die Van den Heever-boeke gaan ons eerste fiksie-werke wees. Ek voel ook dis reg dat óns dit doen.

’n Jong, vars uitgewery. Ons het ’n moderne naam en is deel van die wyer Suid-Afrikaanse boekwêreld,” sê Rüsme terwyl Gladyce, een van haar werknemers, vir ons tee skink in Ubuntu se kantore in Durbanville.

Ek vra uit oor die ontstaan van die spookskrywerplan, en sy verduidelik sy het die idee daarvoor tydens een van Ubuntu se Karoo-skrywerskursusse gekry.

Rüsme hou kwartaalliks êrens in die Karoo ’n werwingskursus vir ontwikkelende, ongepubliseerde skrywers.

Die “e-brosjure” vir die kursusse beskryf dit as ’n “geleentheid om jouself te omring met die stilte en romantiek van die Karoo” terwyl jy “jou skrywerstalente laat bot, gevoed deur die landskap”.

Sy vertel hoe sy besef het dat die meeste van haar kursusgangers se tekste stilistiese ooreenkomste met C.M. van den Heever se werk toon.

Vol pragtige natuurbeskrywings, intense emosies, swaarkry-vertellings, dramatiese gedagtegange, ensovoorts.

Sy stel toe by hierdie kursus haar idee vir nuwe Van den Heever-romans voor.

En drie van daardie kursusgangers is tans as haar spookskrywers besig.

Hulle eerste titel, Wolke teen die skemer, verskyn aan die einde van die jaar.

Vir eers wil hulle op suiwer landelike Van den Heever-verhale fokus.

 Sy deel ook opgewek mee dat hulle die voltooiing van ’n “kwadrilogie” in die vooruitsig stel met die verskyning van Herfs, Winter en Lente, aangesien Somer (1935) so uiters gewild was.

“’n Mens wil nie praat van ’n formule of patroon nie; nee, maar dalk eerder van ’n essensie, ’n lewensbeskouing, ’n manier van kyk en sê wat uniek is aan Christiaan Mauritz van den Heever,” sê Rüsme.

“Dit is hierdie essensie wat my drie skrywers ken en navolg. Nie naboots nie, nee. Hulle skép in die styl van die grote. ’n Styl wat hulle ook nou al bestudeer het. Al drie is deeglik vertroud met sy werk,” en sy sit haar teekoppie triomfantlik neer.

“’n Mens behandel die dooies met respek. Maar dit gesê, aan wie behoort boeke en literatuur nou eintlik? Aan die skrywer? Aan sy familie? Nee – aan die lésers, sê ek jou. Dáárom doen ons niks verkeerd nie.”

Sy bly taamlik ontwykend oor presies waaroor Wolke teen die skemer gaan handel.

Dit speel af op ’n plaas, dit volg die wel en wee van ’n hardwerkende gesin, daar is ’n dood in die familie, en tragiese liefde.

Sy wil nie meer sê nie, aangesien dié beskrywing reeds, voel sy, te veel verklap.

Ek word egter toegelaat om die volgende klein lusmaker-uittreksel hier te plaas:

Koot kyk uit oor die werf. Hy beskou die huis langs die skaduryke bome, die glansende skuur, en die voetspore en wielmerke in die stof. Die klaarligte dag tintel op sy vel. Hoe mild en seënryk is die lewe hier op Liefderiksfontein.

Koot neem sy pyp in sy harde, deurvoorde hande. Hy suig behaaglik daaraan. Skielik sien hy die voordeur oopswaai, en sy jonger broer Kareltjie kom aangestap. Daar is iets dringend en onheilspellend in sy tred.

Inderdaad, Kareltjie haas hom nou oor die werf na sy ouer broer. Sy koms is in teenstelling met die vredige landskap, met die fynsingende voëls in die nabye bome.

“Koot, daar is fout. Dit is weer Hanna,” kom dit effens uitasem uit Kareltjie uit.


Daar sal heel moontlik kritiek wees op Van den Heever se amper séance-agtige herrysing uit die doderyk, maar ek vermoed daar sal ook vele gelukkige lesers wees.

 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.