Vir klassieke fynproewers

2009-10-12 04:53

 

VIR GRIEKSE FLUITE

deur W.J. Henderson. Protea-boekhuis. Sagteband. R250.

W.J. Henderson, emeritus-professor in Grieks en Latynse studie aan die Universiteit van Johannesburg het in hierdie boek die vroeë Griekse elegiese poësie uit die oorspronklike Grieks vertaal. Hy bespreek in diepte die afsonderlike digters se werke en plaas dit geheel in konteks van die maatskaplike en letterkundige omstandighede.

Dit het hy reeds in 1983 tydens sy navorsing in Italië gedoen, maar in die daaropvolgende jare die vertalings, referate en vele artikels rondom hierdie studie verfyn en hersien tot hierdie briljante werk. In die oorspronklike tekste het hy na drie aspekte gekyk, nl. die digter se eie credo, enige aanduiding van die voordrag, of aanbiedingsgeleentheid van die gedig, en laastens na die digter se individualiteit. Hierdeur kon die skrywer dit in konteks plaas en sin aan die gedig in sy geheel gee.

Die leser wat geen of min kennis het van die antieke Griekse literatuur gaan die boek nie so baie geniet soos iemand wat wel oor die kennis beskik nie. Tog is dit interessante leesstof wat ’n dieper blik gee op die sosiale lewe, oorlogvoering, die geskiedenis, aanbieding en plek van die digkuns en digter in die antieke tyd. Tereg sê die skrywer in die voorwoord: “Die teikengehoor is steeds die klassikus, die literatuurwetenskaplike wat veral op genre fokus en die gevorderde student in klassieke of vergelykende literatuur. Indien die gewone leser dit ook geniet of baat daarby vind, is dit ’n bonus.”

– Stefnie Cilliers, vryskutresensent en skrywer

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.