‘Titaan’ beste van twee wêrelde

2009-10-19 02:26

TITAAN – ’n ROMAN OOR DIE LEWE VAN MICHELANGELO BUONARROTI
deur Karel Schoeman.
Human & Rousseau. Kaapstad, Pretoria. R310.

...ALMAL wat dit lees, weet nou ten minste wat regtig in sy lewe gebeur het. (p. 666)

Die epigraaf gee die gedagtes weer van Michelangelo Buonarroti, ná die verskyning van Ascanio Condivi se kort biografie oor die beeldhouer, skilder, argitek, digter en militêre argitek. Maar die biografie wat Afrikaanssprekendes behoort te lees, is dié van Karel Schoeman, met die gepaste titel Titaan, wat sowel die œuvre onder bespreking en die dokumentering daarvan deur ’n outeur wat gelykwaardige status as historikus en romanskrywer het, beskryf. In die roman self word die term toegeskryf aan pous Julius II: “Dis titaniese projekte wat jy aanpak, Michelangelo Buonarroti (...), en dit pas by wat ’n mens moontlik as jou titaniese persoonlikheid sou kan beskryf.” (p. 266)

Hierdie roman oor die lewe van Michelangelo Buonarroti (soos die sub-titel aandui) bied dan ook ’n interessante invalshoek op debatte oor die vorm waarin ’n biografie geskryf moet word en op die ontwikkeling van Schoeman se historiese en sosiologiese studies in ’n minder akademiese styl. Hierdie monumentale teks van 727 bladsye verskuif die generiese bakens tussen biografie en roman, want hoewel dit so gemaklik en spannend lees soos wat die leser van ’n goedgeskrewe roman deur ’n meestervakman kan verwag, is die gedetailleerde en presiese navorsing deur ’n argivaris en bekroonde historikus gedoen. Ongeag die sub-titel het die leser dus hier die beste van twee wêrelde: die verteltrant van ’n roman en die deeglikheid van ’n biografie. Enersyds is ’n magdom inligting so deeglik verwerk dat aanhalings nie meer nodig is nie; andersyds vereis die romanformaat geen voetnote of bibliografie nie.

Die nadeel van Schoeman se generiese keuse is dat die bronlose teks self nie in ’n historiese werk aangehaal kan word nie, en dat belangstellende lesers nie die tale van die bronne kan verifieer nie. Lees die outeur Italiaans, kon hy sy sensitiwiteit as skrywer en sy insigte as historikus inspan om Michelangelo se (moeilike) gedigte te analiseer en te vertaal, of is dit via ’n ander teikentaalvertaling gedoen?

Die parameters van hierdie lewensverhaal is opsigself interessant: Hoofstuk 1 begin nie met ’n geboorte nie, maar met die vervloë glorie van ’n volledige familienaam waaraan sy materialistiese, onkunssinnige vader meer waarde heg as aan sy seun se uitsonderlike talent en waarmee hy homself voorstel aan die skilder Domenico Ghirlandaio, by wie hy hoop om die 12-jarige Michelangelo as vakleerling te plaas. Die liefdelose respek waarmee die seun sy vader bejeën, is een van die vele temas wat in die roman ontwikkel word en wat Schoeman se belangstelling in genealogie en familiegeskiedenis bevestig. Condivi skryf sy biografie van Michelangelo in samewerking met die kunstenaar, wat die verlede probeer onthou: “Stemme, gesigte, insidente, episodes: Waar is die patroon?” (p. 665)

Een van Schoeman se patrone is om te toon dat ons dikwels dit word wat ons afstoot in ons ouers: Die “begin” wat Michelangelo self kies, is ironies genoeg dieselfde inligting wat sy vader altyd ongevraag verskaf het: [...] “ons familie”, herhaal hy, “stam af van die grawe van Canossa, ’n roemryke ou familie uit die land van Reggio, ’n baie ou familie met keiserlike bloed in hul are” (p. 666). In die loop van die teks word die stemme van die kunstenaar en die verteller byna een, sodat die roman stomp eindig met Michelangelo se dood op die eerbiedwaardige ouderdom van 89 jaar.

Michelangelo was buitengewoon gelukkig wat sy beskermhere betref (om maar net Lorenzo de Medici en pous Julius II te noem) en hy besef dit terdeë: Nooit sal hy weer so ’n opdrag kry, sal sulke kanse hom ooit weer gebied word nie. (p. 209).

Die publikasie van hierdie roman is moontlik gemaak deur die Hiemstra-trust (en ’n skenking deur die vorige rektor van die UV, prof. Frederick Fourie). Die vraag kan gestel word of die werk van een van die grootste Afrikaanse skrywers gepubliseer sou kon word sonder beskermhere; die nawoord beklemtoon dat vandag se titane ook beskerming nodig het om navorsing te doen of te publiseer.

Dit is jammer dat die inhoudsopgawe nie volledig aangebied word nie, maar dat slegs die onderafdelings van die 7 seksies waarin die roman verdeel is (Die Leertyd, Die Lydensbeeld, Die Kolos, Die Pous, Die Doods­kapel, Die Laaste Oordeel, Die Einde), aangedui word. Victor Hugo het ons geleer dat die inhoudsopgawe ’n onmiddellike, visuele oorsig van die teks gee; dit is die teks se steierwerk, en behalwe dat dit die opsporing van die onderafdelings vergemaklik, is dit ook ’n hoogs gekondenseerde weergawe van die roman. Goeie ondertitels, soos Die einde van die wêreld (p. 446) wek spanning; ander, soos Graflegging, is selfs meer treffend as die hooftitel (Die einde).

Schoeman het die gawe om temas te verenig in pragtige, sintuiglike beskrywings, soos wanneer die 89-jarige Michelangelo se oog die klipdrumpel tref, wat herinneringe wek aan sy werk as beeldhouer: Hy sien die klip van die drumpel soos dit glansend die sonlig vang, gladgeskuur deur die voete van die generasies wat reeds hier gekom en gegaan het, en onthou weer die beelde, die grafmonumente, die glans van die gepoleerde marmer, die beitelmerke in die ruwe klip, die kapel in Florence, die groot koepel wat eerlank sal begin oprys oor die dakke van Rome. (p. 725) Asof die roman die leser laat met ’n laaste, essensiële vraag: Wat is die nuttigste, die drumpel van ’n woning of ’n kunswerk? In ’n era waar waardes en norme daagliks herdefinieer word, watter plek neem ’n biografie, in Afrikaans, oor Michelangelo Buonarroti in? Dis net deur dit te lees dat lesers ’n oordeel sal kan vel.

– Naòmi Morgan, professor van die departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat

 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.