Smith speel oop kaarte

2009-10-26 03:41

GRAEME SMITH: A CAPTAIN’S DIARY 2007-2009. Jonathan Ball Publishers. Sagteband. R175.

Graeme Smith draai nie doekies om oor adv. Norman Arendse se beweerde inmenging by die kies van Protea-krieketspanne nie. Dit was volgens hom geweldig frustrerend dat die destydse president van Krieket Suid-Afrika hom toenemend oral wou laat geld. Heelwat verwysings daaromtrent word gemaak. Op bll.56 tot 58 spreek Smith hom sterk daarteenoor uit – uitlatings wat ’n nadraai kan hê.

Smith sê ofskoon die span ná sowat ses maande saam stewig gevestig was, het dit die president min geskeel. Arendse het al hoe meer op alle terreine betrokke geraak. “...op verskeie geleenthede wou hy die kaptein, afrigter, uitvoerende hoof, president en sameroeper van die keurders wees wat baie frustrerend begin raak het”.

Smith sê hy het lank geworstel om Neil McKenzie weer (ten koste van Herschelle Gibbs) in die toetsspan betrokke te kry. Dit was ’n geslaagde voorstel. McKenzie het onder meer saam met hom ’n rekord van 415 lopies om die eerste paaltjie in die tweede toets teen Bangladesj in Chittagong opgestapel. Die omstrede weglating van Jacques Kallis vir die eerste Twintig20-wêreldtoernooi word ook herroep.

Smith sê al die gebeure van die veld af was soms van die moeilikste waarmee hulle te doen gekry het.

Soos toe hulle in Bangladesj op die vooraand van ’n eendagwedstryd teen die Tiere gehoor het André Nel is ten koste van Charl Langeveldt weggelaat. Smith vertel van die konsternasie wat Nel se weglating “gegrond op ras” dié aand in Dhaka veroorsaak het. Hy het heelwat tyd in die hotelkamers van die twee spelers deurgebring en nie veel voor daardie wedstryd geslaap nie.

Smith sê Langeveldt, wat lank nie in die toetsspan was nie, het dadelik gesien wat aan die gang is. Dit het nie vir hom sin gemaak nie en hy was baie ontsteld daaroor. Die einde was dat hy geweier het om ’n politieke speelbal te wees en hom onttrek het. Arendse was glo nie baie ingenome met Langeveldt nie.

Die president het spelers glo gedreig.

Volgens Smith het dié standpunt van Langeveldt gelei tot die afskaffing van die omstrede veto-besluit wat die president met die kies van spanne gehad het.

Smith sê die span verdien krediet omdat hy ondanks al die beweerde woelinge steeds bo uitgekom het. Die span het voortgegaan om Engeland in Engeland en die eens magtige Aussies ook in eie agterplaas in toetsreekse te troef. Die vertelllings van dié twee reeksseges in Engeland en in Australië laat ’n mens opnuut hoendervel kry.

Vir lesers wat nie soveel erg het aan die herlewing van geskiedkundige seges nie is daar ander interessanthede. Soos die geregte van die spelers op toer eet.

Smith sê in Pakistan is die beentjies van die hoender wat hulle daar eet ongewoon klein, wat ’n mens laat wonder met die al die kraaie in die land. Hy sê die kos op Lord’s in Londen is van die beste en dat lede van die bestuurspan wat nie so aktief soos die spelers is nie, daar maklik gewig aansit.

– Johann de Jager, senior krieketskrywer, Sport24

 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.