’n Huis sonder dié kookboek is arm

2010-02-14 23:52

KOOK EN GENIET deur S.J.A. de Villiers. Human & Rousseau. Hardeband. R275.

Wat is ’n huis sonder ’n moeder, vra die kitch muurversiering in ou huise. Maar wat is ’n huis sonder Kook en geniet?

’n Nuwe volledig hersiene Kook en geniet het onlangs verskyn. Die eerste uitgawe is in 1951 gepubliseer en dit het die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek geword.

Hoewel nie so kleurvol soos hedendaagse kookboeke nie, is Kook en geniet ’n staatmaker wat jou als van kook leer.

Wil jy iets nuuts leer, kan jy maar hierin gaan blaai. Kan jy nie ’n eier bak nie? Kyk op bl. 43. Wil jy kreef gaarmaak? Op bl. 116 word verduidelik hoe jy dit doen.

Daar is ander nuttige wenke soos dié vir plaasvervangers, bv. as jy nie bruismeel het nie, neem 250 ml meelblom en voeg 7,5 ml bakpoeier by. Daar is ’n omskakelingstabel van gram na milliliter vir dié van ons sonder ’n kombuisskaal, lyste van watter vrugte wanneer beskikbaar is en hoe om dié vrugte te gebruik. Die inleiding bevat inligting oor goeie voeding en die samestelling van maaltye waarna lyste met spyskaarte en algemene beginsels vir die kombuis en kosmaak volg.

Dan is daar nog die talle resepte. My gunsteling-semelbeskuitresep (dit flop nooit) het van bladsynommer verander en voorstelle bygekry. Jy kan nou ook hawermout en neute byvoeg pleks van net semels en sonneblomsade.

Die beste van als is jy het die meeste bestanddele vir hierdie resepte reeds in die koskas.

Dis ’n kookboek sonder frille en pretensies, maar ’n huis (veral waar ’n jong bruid woon) sonder Kook en geniet is soos ’n huis sonder ’n moeder.

– Adéle Dempers
 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.