Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Verlange die tema wat uiteenlopende verhale saambind

2009-12-28 05:35

AS ALMAL VER IS – saamgestel deur Danie Marais. Tafelberg. Sagteband. R165.

Omdat ek ook familie het (wie het nie deesdae nie?) wat vir ewig en altyd hul tasse gepak en oorsee gaan woon het, het ek onmiddellik aangetrokke tot hierdie boek gevoel. Miskien sou ek tussen die blaaie kon uitvind hoe dit régtig met hulle gaan, of hulle régtig gelukkig is daar in die vreemde.

Ek hét meer insig gekry! In hul aanpassings, hul frustrasies met die rompslomp van die ewige staatsdepartemente, soos Marita van der Vyver in haar stuk Papier rym met paniek skryf: “Op hierdie bloedige warm dag in Valence weier die vrou wat by die préfecture werk om vir my ’n tydelike verblyfpermit te gee as ek nie ’n maatskaplike versekeringsnommer het nie.
Nou ja, toe stap ek maar na die Sécurité Sociale, nog ’n enorme vesting van ’n gebou ’n paar blokke verder, om die vereiste versekeringsnommer te gaan kry. Maar hier weier ’n nors meneer om vir my ’n versekeringsnommer te gee as ek nie – wag hiervoor – ’n tydelike verblyfpermit het nie. Catch-22.”

Nog insig wat ek gekry het, is in die verlange van almal wat oorsee bly, die verterende heimwee na dít wat bekend is. Vele van die skrywers verwys na die lus vir Mrs. Balls en hoe hulle dit moes insmokkel voordat dit nou feitlik oral oorsee te koop is. Die verlange na familie, na die Afrika-son is egter ’n lyn wat deur meeste stories getrek kan word. Corlia Fourie skryf: “Saans voor ek gaan slaap, kyk ek vir oulaas na my e-posse vir ’n boodskap van ver, amper soos ’n alkoholis wat nie tot rus kan kom voor daardie laaste fix nie.”

Die boek het my ook ’n ander, nuwe insig gegee: in hoe ’n jong wit man uit die land gevlug het om diensplig te vermy, aangesluit het by die ANC en Umkhonto weSiswe, militêre opleiding in die Duitse Demokratiese Republiek ontvang en ten einde laas nie wil terugkom Suid-Afrika toe nie. Ontnugterd skryf hy: “Maar ek wil nie teruggaan nie. ’n Groot rede is die enorme hoë misdaadsyfers. En die indruk wat ek kry dat misdadigers nie na behore gestraf word nie, en dat die regstelsel verkrummel tot stam- en politieke verbondenhede.

Seersekerlik is dit nie waarvoor ons in bannelingskap in die ANC geveg het nie?”

Iemand wat hou van reis, of dalk nog altyd wou reis, sal hierdie boek ook geniet. Die vertellings is beeldend en soms meesterlik, soos Chris Barnard in In die straat van die kat wat visvang skryf: “Parys is op stuk van sake maar net ’n stad soos elke ander Europese stad. So met die eerste aanblik. Maar dieper langs die nate af van daardie stad, waar die oog nie meer kan sien nie, waar nog net die hart kan voel, ontdek jy mettertyd iets meer. Dis of alle tye, alle dinge, alles wat bedink is, alles wat menslik en onmenslik is, alles wat ooit ervaar is, alle ekstases en ontberinge waartoe die mens in staat is – alles hier saamgetregter lê.”

Veertig skrywers se werk is saamgebind. Dit wissel van sketse, kortverhale, reisjoernale, poskaarte, sketsboekwerk en strippe (comics). Bekende skrywers is onder andere Chris Barnard, Joan Hambidge, Charl-Pierre Naudé, Cecile Cilliers, Marita van der Vyver, Antjie Krog, Eben Venter, David Kramer, Dana Snyman en Toast Coetzer.

Hierdie is glad nie die ewige bly-of-gly-debat nie, dis ervarings uit verskillende hoeke, stories van verlange na alles wat agtergelaat is en verlies – ’n kyk in iemand se lewe wat iewers ver van die huis af is.

– Stefnie Cilliers, skrywer en vryskutresensent
 

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Legal Manager

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 129,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

RENAULT

Modus 1.2 Authentique 5-dr
2005
R 84,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video