Talent én boeke vir Afrika(ans)

2010-03-21 20:08

Dertig jaar oud en 51 boeke uit sy pen.

Totally awesome, sal die jonges sê.

En Jaco Jacobs se talent en werksvermoë ís verstommend. Sy kleuter-, kinder- en jeugboeke wen gereeld pryse en is gewild onder jong lesers.

Hy het as laerskoolseun op Carnarvon begin skryf en in matriek byna weekliks kortverhale vir tydskrifte soos Sarie en Rooi Rose ingestuur. Hoewel die verhale telkens afgekeur is, het hy aanhou probeer.

”Ek dink dit was uit desperaatheid dat François Bloemhof, destyds Sarie se verhaleredakteur, gesê het ek moet ’n grilstorie skryf en aan ’n uitgewer voorlê,” sê Jacobs.

Dit is hoe Troetelgedrog ontstaan het. Jacobs het die storie aan me. Miemie du Plessis van Lapa-uitgewers gestuur.

“Wie is jy?” het Du Plessis gevra toe sy sommer gou terugbel. Drie maande later was Jacobs se eerste grilboek op die winkelrakke.

Jacobs sê hy hou baie van grilboeke en -flieks. Stephen King is beslis een van sy gunsteling-skrywers. Hy sê die gril-genre is so gewild onder kinders omdat kinders daarvan hou om banggemaak te word. Grilstories is bangmaak binne die veilige grense van ’n boek wat ’n gelukkige einde het en kinders besef dit.

“Ouers trek aanvanklik hul neus vir hierdie soort boeke op, maar dit is die ideale stories om trae lesers aan die lees te kry. Veral seuns hou baie daarvan,” sê Jacobs.

Terloops, Jacobs raai ouers aan om nooit dit wat hul kinders lees te kritiseer nie. Dat kinders lees, is van groter belang as wat hulle lees. Mettertyd ontwikkel hul leessmaak wel en as dit nie gebeur nie, maak dit nie saak nie.

Jacobs skryf nie net grilboeke nie. Prenteboeke en tienerboeke soos die gewilde Suurlemoen! staan ook onder sy naam. Hy het sy hand ook aan kinderrympies gewaag en het selfs die illustrasies vir Wurms met tamatiesous saam met Andrelise Meiring, ’n grafiese kunstenaar, gedoen.

Jacobs se eintlike teikenmark is kinders tussen 9 en 12 jaar. Dit is ’n mark wat afgeskeep word en hy vind dit pas hom soos ’n handskoen. Uit sy verhale is dit duidelik Jacobs klim maklik in ’n kind se kop en weet wat kinders van opwinding laat kriewel. Hy sê dit is omdat hy sy kinderdae en voorvalle daaruit in helder detail kan onthou. Veral die tyd toe hy so tien jaar oud was, was ’n besonder idilliese tyd van sy kinderdae toe baie goed gebeur het. Hy droom steeds dikwels van hierdie tyd en dit is hoekom hy so lewens- en emosioneel getrou vir sy teikenmark kan skryf.

Jacobs bieg sy aandagspan is kort, daarom sal hy nie sommer ’n roman vir volwassenes skryf nie, selfs tienerverhale raak al vir hom lank. Wanneer hy skryf, beplan hy nie altyd die verhaal presies nie.

Hy skryf op sy lekkerste as ’n idee hom beetpak en hy kan laat waai. Dit is hoe die jeugboek Virus gebeur het. Hy was op pad deur die Karoo toe hy ’n swerm kraaie op die telefoondraad sien sit met die pad wat eensaam voor hom uitstrek. Die toneel was byna apokalipties en ’n storie oor zombies het dadelik by hom opgekom. Virus is hierna in rekordtyd geskryf.

Jacobs werk heeltyds as uitgewer vir Lapa. Hierdie werk behels die keur van manuskripte, baie vertaalwerk en ook proefleeswerk. Hy probeer om streng by kantoorure te hou al werk hy van sy huis af. Alles wat hy egter onder sy eie naam skryf, skryf hy in sy vrye tyd. Skryf is harde werk. Daarom is sy raad aan voornemende skrywers om op te hou praat oor hul boek en te begin skryf.

Jacobs is ’n teruggetrokke mens en hy erken groot groepe mense put hom uit. Dit is dan wanneer hy hunker daarna om terug te trek Carnarvon toe, want die Karoo bly sy harts­plek.

Nietemin is dit ’n belewenis om te sien hoe hy ’n ander persona aanneem wanneer hy vir kinders op bekendstellings uit sy boeke voorlees.

Dit is dan dat ’n mens verstaan hoekom sy boeke so gewild is: Stories en skryf is vir hom pret en hy sien die humor in situasies raak.

En dit is mos wat kinders in boeke wil hê.

Boeke

VAN Jaco Jacobs se boeke is:

Die Zackie Mostert-reeks (pas uitgereik)

Bertus soek ’n boek

Danie Dreyer se dinosourus­eier

Middernagfees

Suzie se soeperdoeper sjampoe

Wurms met tamatiesous (rympies)

’n Brulpadda in my tas (rympies)

Stalmaats-reeks (onder die skuilnaam Lize Roux)

Suurlemoen!

Perfek

Virus

Hoe werk ’n uitgewery?

’n Uitgewery is ’n onderneming wat wins maak deur boeke te publiseer. Skrywers lê ’n manuskrip aan ’n uitgewery met die oog op publikasie voor.

Manuskripte word gekeur, en indien dit vir publikasie aanvaar word, is ’n uitgewer daarvoor verantwoordelik om die manuskrip saam met die skrywer te ontwikkel, dit te laat proeflees en taalversorg, die boek te laat uitlê en ’n kunstenaar aan te stel om die omslag te ontwerp en illustrasies te doen, indien van toepassing, en die boek te laat druk. (’n Uitgewery is nie ’n drukkery nie – gewoonlik het hy kontrakte met drukkerye waar boeke gedruk en gebind word.)

Die uitgewery bemark en versprei ook die boek.

By ’n hoofstroomuitgewery hoef skrywers glad nie te betaal vir die publikasie en bemarking van hul boek nie.

Outeursgeld, ’n persentasie van die prys van elke boek wat verkoop word, word gewoonlik per kontrak jaarliks of halfjaarliks aan skrywers betaal.

Wenke vir skrywers

Jaco Jacobs gee as uitgewer en aanbieder van skryfslypskole dié wenke vir voornemende skrywers:

  • ?Lees baie, veral in die taal en genre waarin jy graag wil skryf. Dit help jou om ’n beeld te vorm van die mark waarin jy werk – en boonop is lesers gewoonlik beter skrywers.
  • Moenie oorhaastig wees om te publiseer nie. Maak seker jy stuur slegs jou heel beste skryfpogings in.
  • Kweek hare op jou tande. Min skrywers se eerste skryfpogings word gepubliseer. Publikasie is ’n lang en moeilike proses, en sukses kom selde oornag. Moenie deur kritiek en afkeurbriewe ontmoedig word nie.
  • Skryf die soort stories waarin jy self belang stel. As jy glad nie van liefdesverhale hou nie, moet dit nie probeer skryf omdat jy dink dit is ’n geldkoei nie. Lesers (en uitgewers) word nie maklik deur ’n onoortuigende poging geflous nie.


- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.