Storie straal deernis met skisofrenie uit

2010-07-24 06:00

PAPAWERS deur Ingrid vander Veken. Lapa. Sagteband. R145.

HOOGS interessant soos die hoofintrige van hierdie roman is – die uitbeelding van die trapsgewys ál dodeliker seekatgreep van ski­sofrenie op een van sy slagoffers – maak ’n sub-intrige tog ’n groter indruk.

Die vertellersperspektief bring iets seldsaam tot stand: Daar is slegs twee hoofkarakters – ek en jy. Die ek-verteller is die stiefma van “jy”, die 24-jarige aantreklike, blonde, jong reus, die skisofrenie-lyer.

En dit is die ongelooflike deernis wat uitstraal van die verteller wat nooit haar eie kinders gehad het nie wat die leser bybly.
Van Vander Veken sê Antjie Krog op die agterblad: “Ek ken geen ander skrywer in watter taal ook al met so ’n oorrompelende empatiese stem nie.”

Met poëtiese eenvoud begin die roman as die ek-verteller haar seun nooi: “Kom na my toe. Kom sit langs my op die bank. Kom sit hier in die son langs my op die bank. Ek sal nie vir jou ’n naam gee nie. In plaas van ’n naam sal ek liewer vir jou ’n lente gee” (bl. 5).

Ook die twee ouerpare het nie name nie. (Die jong man bly aanvanklik by sy eie ma en stiefpa en kuier net soms by sy stiefma en eie pa.)

In sy jeug het hy dikwels vreemd opgetree. Toe hy 21 jaar oud word, raak hy egter “ ’n tydbom in die huis” en kan selfs sy eie pa nie meer met hom praat nie. Hy word opgeneem in “ ’n fort van rooibruin bakstene met ’n skerpgepunte ysterheining om” waarin hy lank behandel word. Daar besoek sy stiefma hom gereeld: “My doodgebore, nooit gebore kind. My groot kind wat nie myne is nie” (bl. 40).

Soms, wanneer hy ’n sweempie beterskap beleef, dompel dit hom in “ ’n see van ongelukkigheid. My arme paddaprinsie, my leeumannetjie wat sy trots verloor het, my hopie hoopvolle ellende” (bl. 101).

Die gemak waarmee die skrywer die sensitiewe uitbeelding van ’n gebroke moederhart (wat in die slot ’n onvergeetlike hoogtepunt bereik) afwissel met meer objektiewe mededelings rakende skisofrenie beïndruk.

Die ek-verteller doen intensief oor die siekte navorsing.

Sy lees een uit elke honderd mense ly in ’n mindere of meerdere mate aan skisofrenie. Dat skisofrene wêreldwyd die meeste hospitaalbeddens beset.

Só kry hierdie roman ’n universele kleur: “Nóú weet ek daar is baie soos jy. Wees jy vir hulle ’n stem; laat jóú verhaal ook hulle verhaal wees” (bl. 5).

Die verhaallyn styg só oortuigend van krisis na krisis dat die leser onwillekeurig op die agterblad kyk: is dit fiksie of werklikheid? Die lang bronnelys beklemtoon egter die skrywer het behoorlik navorsing gedoen.

Christine Barkhuizen le Roux moet met haar knap vertaling van hierdie skitterende Nederlandse roman gelukgewens word.
Vander Veken laat geen twyfel nie dat sy ’n uitmuntende woordkunstenaar en ’n mensekenner by uitstek is.

As verbeeldingryke, oorspronklike skrywer lê sy inderdaad waagmoed aan die dag om die deurmekaar milieu van die skisofreen uit te beeld. Dit is ’n gebied waarop nog min ander skrywers hulle begeef het.

Dog dit is eintlik daardie ander kenmerk wat as’t ware terloops ingevleg word wat hierdie ’n opwindende leeservaring maak: die ek-verteller se onvoorwaardelike liefde vir haar “sprokieskind”, haar “naweekkind” wat so uitsigloos in die ongenaakbare greep van ’n genadelose geestessiekte vasgevang is.
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...