Skrywers ondersoek breinkwyn in staat

2010-02-22 06:20


THE POVERTY OF IDEAS – South African democracy and the retreat of intellectuals deur William Gumede en Leslie Dikeni (reds). Jacana Media. R180.

Omdat demokrasie as instelling in Suid-Afrika nou fel onder die soeklig geplaas word aan die hand van ontstellende gebeure en onverantwoordelike uitsprake plaaslik, is The poverty of ideas ’n besonder welkome en tydige publikasie. Dit is ’n publikasie wat diepe analitiese introspeksie tot gevolg gaan hê.

Het daar al inderdaad, soos so dikwels beweer word, ’n demokratiese bestel in die ware sin van die woord in Suid-Afrika sedert 1994 ontwikkel? Tot vervelens toe word van “ons jong demokrasie” gepraat sonder dat die substansie daarvan tot sy volle konsekwensie deurgetrek word. Kan van demokratiese verkiesings in Suid-Afrika gepraat word as blatant onder meer gedreig word met “We will kill for Zuma” en ook as ’n sekere deel van die kiesers gedreig word met die verbeuring van voorregte as hulle nie vir die ANC stem nie?

In die lig hiervan beteken net die trek van ’n kruisie op ’n stembrief nie die verkiesingsproses is demokraties gefundeer nie. “Supposedly,” skryf Gumedi, “we should be able to conclude that South Africa has a democratic political culture. Not yet. It is often mistakenly assumed that to have democratic institutions in place or to conduct regular ‘free and fair elections’ is tantamount to a mature democracy”.

Aan die hand van bogenoemde aanname grens demokrasie in Suid-Afrika nog aan ’n hersenskim.

As redakteurs het Gumede en Dikeni, albei akademies deeglik onderleg, met behulp van 13 uitgelese medewerkers ’n baanbrekerpublikasie gelewer. Gumede is onder meer die skrywer van Thabo Mbeki and the battle for the soul of the ANC.

Dit is gewis net deeglik onderlegde akademici wat ’n onderwerp soos hierdie so voortreflik en verantwoordelik kan aanbied. Dit is ’n boeiende dog ietwat ontstellende weergawe van intellektuele denke en verbandhoudende ontwikkeling in die post-apartheidera. Vir diegene wat spekuleer wat van die Suid-Afrikaanse intelligentsia geword het, is die lees van die boek noodsaaklik.

Die skrywers het die uitdaging opsigtelik aangepak in ’n poging om die ongemaklike verskynsel van die ontwaarding van idees en die intellek in die openbare sektor in die post-apartheid-Suid-Afrika onder die aandag te bring. Die skrywers ontleed die onverdraagsaamheid teenoor kritiek en meningsverskil veral in die Mbeki-era en die uitwerking wat dit gehad het en steeds het op die konsolidasie van die demokrasie.

Ware demokrasie gaan in alle opsigte gepaard met vreeslose openbare standpuntinname van kritici sonder verbondenheid aan ’n politieke party of kulturele affiniteit. Dit moet mense wees sonder vrees vir die magshebbers se politieke viktimisering. Dit is juis hier waar die verantwoordelikheid van die intelligentsia lê.

Sedert Polokwane is daar ’n sigbare ruimte vir debat te bespeur. Tog is dit nog nie genoeg nie. Polokwane het wel finaal die inperking van konsensus opgehef en vars denke geïnisieer. Tog is die mees flagrante onmatigheid van die Mbeki-era nog flink met ons. Onverdraagsaamheid wat opponerende denke betref, bly ’n stremmende faktor by die vul van vakatures, bevordering en die toeken van staatstenders.

Dringende aangeleenthede kry steeds nie aandag nie. “ South Africa is stuck in interlocking crises. Not only has there been a staggering collapse in the sense of social justice, ethics and moral values but the dream of a compassionate society ... has now turned into a nightmare for millions who ‘live in gruelling, demeaning, dehumanizing poverty’, while a small elite connected to the leadership of the ANC ‘become very rich at the stroke of a pen’.”

Deur die publikasie is daar ’n strewe na wetenskaplike voortreflikheid aan die hand van ’n funksionele verwysingsraamwerk. Dit is jammer dat ’n register, wat vir die leser en navorser nuttig is, nie aangelê is nie.

Ek wil hierdie publikasie sonder enige voorbehoud sterk aanbeveel. Die duidelike perspektief, wat oor die breë politieke spektrum deurgaans samehangend na vore tree, sal dit die moeite werd maak om te lees en te oorpeins.

– Ockie Geyser, emeritus-professor van die departement geskiedenis, UV
 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.