Raak die hart aan

2010-02-22 06:20

 

EEN HART deur Johannes Prins. Lapa-uitgewers. Sagteband. R110.

Wit-kwesbaar-sag. Hierdie samevoeging wat op bl. 52 in die digbundel een hart staan, onderlê die strekking van Johannes Prins se debuutpublikasie.
Kwesbaarheid doen dit voor van die eerste gedig, waar die uitgelewerdheid van die boer in Suid-Afrika ondubbelsinnig verwoord word. Die boodskap van uitgelewerdheid word versterk deur die verdere repliek van die digter in dieselfde vers met die woorde: “my verse is uitgelewer”.

Soos die hart en sy sake reeds van die eerste vers in die bundel eksplisiet betrek word deur die verwoording van die kwesbaarheid, só word die hart vir die res van die eerste helfte van die bundel op veral geïmpliseerde wyse bygeroep. Van die tweede helfte van die bundel, beginnende by brugrubriek op bl. 33, word die hart egter eksplisiet in woorde en ook in die letterlike vorm van die woord betrek.

Ook word die een hart, soos die titel lees, deur die progressie van die gedigte in die bundel tot koepel en versamelnaam omvorm, aangesien die hart wat verwoord word in ’n gediversifiseerde maat by die leser aandoen. Die een hart wat uitgeroep word en bly staan in die kaartspel brug neem die vorm van ’n lewensmetafoor in brugrubriek aan. Daarna word die letterlike hart van die mens en die kwesbaarheid daarvan pertinent verwoord: die pa wat aan ’n hartaanval sterf (bll. 34 tot 35), die trapmeultoets wat die beeld van ’n witmuis op ’n wieletjie betrek (bll. 36 tot 37) en die sterflikheid van die mens; in hierdie geval die digter se pa en ma wat spesifiek aan ’n hartaanval en kanker sterf (bll. 38 tot 40). Maar dan word ’n nuwe hart in die lewensiklus van dood en lewe treffend op bl. 58 in die gedig eerste sonar aangekondig:

“ ’n besoeker
van ’n ander planeet
kyk na my
met haar hart” (bl. 58)

Op bll. 24 en 25, in afstandbeheer, word die hart (waarskynlik die van ’n vrou) gelykgestel aan die prosesseringstelsels van ’n rekenaar.

In een hart word die Karoomotief telkens raakgeloop (bll. 27, 28 en 32) en ook die Boeddha-motief (bll. 12 en 15), maar dit is die koerantmotief (bll. 16, 17, 18, 19, 20 en 30) wat die element van sagtheid in die samevoeging “wit-kwesbaar-sag” (bl. 58) uitnemend naderbring vir die leser. Die beskrywing van die belewinge van ’n nuusredakteur, soos Jo Prins in werklikheid vir Volksblad se susterskoerant Beeld is, word só akkuraat en met deernis beskryf dat dit die leser aangryp en bybly:

“ ’n nuusredakteur
bid nie
want god is net nog
’n storie (bl. 19) ...
’n nuusredakteur
bid nie
want god is net nog
’n leser (bl. 20)
Ondertone van die monopolie van Media24 se markbelang in die Suid-Afrikaanse koerantwese word ook in die woorde gevind.

Daar word ook by heelwat geleenthede in die bundel na die element van wit kleur in die samevoeging “wit-sag-kwesbaar” op bl. 58 verwys. Miskien word die treffendste verwysing hierna in die tweede deel van die gedig malaria aangetref:

“ek is die afrikaan
met die wit vel
in kampala
wat my verbondenheid koorsig bely,
onherroepelik deel
van dié kontinent met ’n taal
eie aan my wil” (bl. 47)

Die bundel is ’n besonderse debuut wat in toeganklike trant geskryf is en verskeie wonderskone vergelykings, personifikasies en metafore dra. Seker die treffendste gedig word op bl. 23 aangetref in dink ek, waarin vertroue onverwags gedekonstrueer word. Daarmee saam is meeuberg op bl. 48 ’n wonderskone gedig waarin die huis van die digter gemetaforiseer word met die see. Die huis se gastekamers sal “skeure wees – ek sou haar genooi het om bruisend deur my sloepe te kom slaan, om gejaagd en uitasem my kamers te deel”.

Die bundel hou ’n kaleidoskoop van kleur van een hart aan die leser voor. Dit sal vir seker die effek hê dat dit een-een aan elke hart gaan raak wat dit lees.
– Danila Liebenberg, instruksionele ontwerpnavorser by e-Leer aan die UV en skrywer.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.