Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Om swart te wil word

2010-03-07 22:29

BEGGING TO BE BLACK deur Antjie Krog. Random House Struik. Sagteband. R220.

Elke boek deur Antjie Krog, een van Suid-Afrika se handjie vol internasionaal gerekende skrywers, is ’n happening.
Ook Begging to Be Black, ondanks die bohaai wat dit ná bekendstelling (om die verkeerde redes?) ontketen het.

Dit is die boek waarin sy haarself as ’n wit Suid-Afrikaan in die plek van ’n swart Suid-Afrikaan in ons land met sy veelbewoë rasverlede stel.

Dus, hoe vir ’n witte om jouself swart te verbeel, swart te probeer word.

Om te probeer verstaan hoe en hoekom swart mense is wie hulle is en dink soos hulle dink. Hoe die verlede, bepalende momente en die syn met ’n ander en anders gevormde geheue, waardes en moraliteite geleef, beleef en keuses gedoen word.
Haar boek was warm uit die oond toe Krog die ongewilde mening gelug het dat die uitsprake van mnr. Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, spruit uit ’n versugting by swart mense “om beter verstaan te word”.

Ook is Begging to Be Black se uitgangspunt deur die joernaliste Chris (Boetman) Louw en Max du Preez, albei Krog-bewonderaars, bevraagteken.

Wyle Louw skryf in By oor Krog eers: “Die vrou het balle, yslike balle.”

Toe gee hy die redes hoekom hy volstrek weier om Begging to Be Black te lees. Hy betreur haar “morele en intellektuele kragtoertjie” waardeur sy haar witheid ophef en, siedaar, as deel van ’n nuwe gesinkretiseerde waardestelsel korrupsie en ander vergrype ongedaan maak.

Du Preez, ook ’n denker oor Afrikaan- en Afrikanerskap, het Krog in ’n Rapport-artikel oor “identiteit-selfmoord” gekap. Hy is verstom “oor Antjie se oordrewe handewringery oor haar wit vel; oor haar oorontwikkelde skuldgevoelens oor apartheid en kolonialisme; oor haar oorromantisering van Afrika en van swart mense; oor haar naïwiteit oor die politiek van ons streek”.

Hy wonder waar interconnectedness, oftewel onderlinge verbondenheid (die slotsom waartoe Krog in haar boek kom), in voorvalle van Suid-Afrikaanse verval, korrupsie en uitbuiting was.

Ook om vleisbraaivure, etenstafels en gesprekgroepe is Krog se bepeinsing hewig bespreek. In Rapport se Pollux het ’n briefskrywer met ’n kristalbal verklaar iemand gaan in 2010 vir Antjie Krog vertel dis oukei om wit en Afrikaans te wees.

Vir sommige is dit windmeulens wat sy takel. Vir ander is dit gewyde grond wat sy in haar selfondersoek betree.
Hoe ook al, vir haar kom ’n reis nooit maklik nie.

Begging to Be Black is plek-plek wroegend, naïef en manjifiek, soos net sy in Afrikaans kan. Dit bly vintage Krog, een van daardie tekste waarin die skrywer, eerstens ’n digter, weer die joernalistieke en prosaïese streep ten toon stel wat sy van ma Dot Serfontein geërf het.

Haar voorveronderstelling kry teenkanting, maar die eerlikheid en deeglikheid waarmee sy die onderwerp aanpak, is bewonderenswaardig.

Sy keer terug na die Kroonstad-moord van 1992 op waaroor sy in haar mindere Relaas van ’n Moord geskryf het.

Dit was in die tyd toe sy aan die Hoërskool Brentpark op Kroonstad skoolgehou en haar politieke betrokkenheid en veral verklaarde verbintenis tot die ANC se gewapende stryd haar ongelief onder wittes gemaak het.

Van Krog se ANC-kennisse is betrek in die koelbloedige moord op Wheetie, die leier van Kroonstad se berugte Three Million Gang.

Haar worsteling oor die daad is een van drade deur die boek. Vir haar man – J. in die boek – is dit eenvoudiger.
‘J. rolls his eyes heavenwards. “Stop talking kak. There’s no moral decision here; you’ve broken the law of the land and you can be hanged as an accessory.”’(p 13)

In die tweede gelyklopende teks speur sy die lewe en filosofie van koning Moshoeshoe?1, vader van die Sotho’s, na. Hiervoor volg sy die reis van Eugene Casalis, Franse sendeling en ’n vertroueling van Moshoeshoe.

Casalis kyk, beleef en redeneer deur Europese oë. En Moshoeshoe wonder of sy opstokery oor poligamie (dink JZ!) nie gewoon afguns is nie.

In die derde teks is sy as ’n navorsingsgenoot in gesprek met ’n filosofie-professor in Berlyn. Sy verwoord haar versugting teenoor hom.

“I need to know whether is is possible for somebody like me to become like the majority, to become ‘blacker?’ and live as a full and at-ease component of the South African psyche.” (bl.?93)

Asook haar gespletenheid. “At times when my president, Thabo Mbeki, speaks and he is an intelligent man, I sit like somebody in complete darkness. It’s not necessarily that I don’t understand what he is saying; I do not know where it is coming from, from within what logic it wants to assert itself as ‘right’.” (bl.?94)

Dan voel sy haar ook tuis in Berlyn. “I can’t remember when I last felt so safe, cared for and WANTED despite being white.” (bl.?91)

Vanuit Berlyn skryf sy ook briewe aan haar ma, aan wie sy – soos aan Kroonstad en die Valsrivier – verknog bly.

Sy put vir haar premis ook uit J.M. Coetzee se Disgrace. “.?.?.?it is this concept of becoming that I’m interested in. Not becoming-animal or becoming-woman as in Coetzee’s book, but becoming-black.” (bl.?92)

Begging sluit aan by Country of My Skull en A Change of Tongue, oftewel ’n Ander Tongval. Vir dié leser is dit ’n swaarder leestog.

Tongval bly my gunsteling, en die skets daarin oor ’n Kroonstadse atletiekbyeenkoms vir my verreweg die raakste en snaaksste Afrikaanse beskrywing nóg van die (nie-)ontmoeting tussen die ou en nuwe Suid-Afrika.

As ’n relevante en belangrike boek lewer Begging to Be Black ’n bydrae tot die debat oor ras, identiteit, nasiebou, diversiteit, versoening en herstellende geregtigheid in ons land.

 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ELECTRICAL ENGINEERING MANAGER

Gauteng,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Application Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Project Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C180 K Classic MY07 AT
2007
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2004
R 94,995.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video