Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Museums se belangrike rol in SA konteks belig

2010-02-01 06:36

MOUNTING QUEEN VICTORIA: CURATING CULTURAL CHANGE IN SOUTH AFRICA deur Steven C. Dubin. Jacana Media.

SUID-AFRIKA beskik oor ’n groot aantal besonderse museums. Ongelukkig is daar nie veel van ’n museumkultuur onder die breë Suid-Afrikaanse bevolking nie en word die land se museums nie altyd na waarde geskat nie. Politici is ook geneig om museums (soos kultuur in die algemeen) vir eie gewin te misbruik. Dit is beslis ook nie toevallig dat dit ’n buitelander is wat die Suid-Afrikaanse museumbedryf op oorkoepelende wyse krities ontleed nie; die skrywer is die Amerikaner Steven C. Dubin.

Mounting Queen Victoria is oorspronklik in 2006 as Transforming museums: mounting Queen Victoria in a democratic South Africa gepubliseer. Die boek handel onder meer oor die wyse waarop die maatskaplike gebeure van ’n land of samelewing byvoorbeeld deur museum­uitstallings uitgebeeld word. In die loop van sy analise werp Dubin lig op die teenstrydighede in die apartheidsamelewing van vroeër, op die rasse- en klasse-kompleksiteite van ons land se kulturele instellings en dus ook op die uitdagings waarvoor ons land se museums te staan kom – gesien in die lig van dié kulturele instellings se geskiedenis van flaters, suksesse en paradoksale handelinge. Hy dui ook aan dat geheue/herinnering (memory) ’n wapen kan word in die hande van ideoloë, politici en ander.

Hierdie besonder insiggewende publikasie bestaan uit tien hoofstukke. Verskeie uitdagende temas word bespreek, byvoorbeeld ’n evaluering van die eerste tien jaar van demokrasie in Suid-Afrika (1994-2004) uit ’n kultuurhistoriese en museumkundige oogpunt gesien (hoofstuk 1). Veranderinge in die bestuur en aanwending van museums in die “nuwe Suid-Afrika” kry ’n afsonderlike hoofstuk (hoofstuk 2), soos ook die wyse waarop die inheemse bevolkingsgroepe oor die jare heen uitgebeeld is (hoofstuk 3). Laasgenoemde sluit aan by hoofstuk 4 waarin Sarah Bartmann en ander (“gevangenes van die wetenskap”) se lot in besonderhede bespreek word. ’n Hoofstuk word aan Distrik Ses en die gelyknamige museum afgestaan (hoofstuk 5), soos ook aan die uitdagende tema “The history of our future” (hoofstuk 6). In hoofstuk 7 word museums en monumente by wyse van spreke in gesprek met mekaar geplaas, en in hoofstuk 8 word die huidige politieke werklikhede (en die implikasies vir bewaring) onder die loep geneem.

In hoofstuk 9 word transformasie bespreek, en in die slothoofstuk word bepaalde toekomsperspektiewe onder meer verskaf.

Dubin som die dilemma waarin museums verkeer soos volg op: South African museums face a delicate balancing act today: how to shed the ideological corsets of the past without replacing them with similarly restrictive fashions (p. 257). En sy slotsom is: “Daily life in contemporary South Africa vacillates between exhilaration and frustration, hope and cynicism, confidence and anxiety. This society has been reborn, but is has not yet matured. Museums have become a microcosm of this labile state of affairs. They are alternately the best and worst of settings to be working in today. (p. 261).

Mounting Queen Victoria is ’n diepgaande studie oor hoe museums en monumente ’n rol gespeel het in die sosiale en politieke transformasie van Suid-Afrika. Dit is inderdaad ’n onontbeerlike gids vir enigiemand wat in die politiek van kultuur en identiteit in die Suid-Afrikaanse openbare sfeer belang stel, en dus noodsaaklike leesstof vir almal in die museumbedryf. Maar enigiemand wat nuuskierig is oor kultuur in die algemeen en meer te wete wil kom oor die onderlinge verband tussen kuns, politiek en geskiedenis sal die boek waarskynlik verrykend vind.

Die boek beslaan 358 bladsye, wat ’n groot aantal eindnotas (pp. 267-301), ’n omvangryke bronnelys (pp. 302-324) en ’n nuttige register (pp. 325-342) insluit. Daar is ook ’n aantal toepaslike foto’s wat die teks verder toelig.

Mounting Queen Victoria dwing die leser om rekenskap te gee van sy of haar verlede – met die oog op ’n beter toekoms. Dit beklemtoon ook die waarde van museums en van die belangrike rol wat museums in ’n samelewing kan en moet speel – en toegelaat moet word om te speel. Maar sonder besoekers het museums ook nie veel praktiese waarde nie. Het u al Bloemfontein se besonderse museums besoek? Wanneer laas het u die verlede op ’n leersame ontdekkingstog verken?

– Prof. André Wessels, se-nior professor, departement geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat
 

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr Phase II
2008
R 62,900.00

SEAT

Leon 2.0 FSi 5-dr
2008
R 184,995.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LT 5-dr MY06
2008
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video