Lesse gegrond op ervaring

2010-07-24 06:00

OP PAD MET MANDELA – 15 LEWENSLESSE deur Richard Stengel. Kwela-boeke. R175.

RICHARD STENGEL was die medeskrywer van Long Walk To Freedom, die biografie van Nelson Mandela. Die twee kom ’n lang pad en daar is seker min mense so bekwaam as Stengel om Mandela as mens te verstaan en aan ons te verduidelik wat die lewenslesse uit Nelson Rohlihlala Mandela se lewe is.

Mandela het ooglopend agting vir die outeur. Stengel se navorsing vir die boek is op bronne wat hy vir Long Walk To Freedom gebruik het en persoonlike notas gegrond.

Mandela self bied ’n ietwat yl voorwoord, maar hy is daarin vooringenome met moraliteit, met die konsep van ubunthu, en verraai eintlik iets oor die aard van die lewenslesse, hoewel nie veel verder oor homself nie – laasgenoemde taak kom dan geheel en al Stengel toe.

Stengel bied eers ’n profiel van Mandela getiteld Man Van Vele Fasette. Dit moes een van die moeilikste fasette van die boek gewees het: soveel om te sê, soveel wat uitgelaat moes word. Stengel laat blyk Mandela se kompleksiteit. Stengel bemoei hom met Mandela se karatertrekke, maar dit is die groot man se moraliteit wat Stengel verdiep.

Van die mees beduidende karakteraspekte is: Sy persona is ’n mengsel van Afrika-adel en Britse aristokrasie. Hy is ’n Victoriaanse gentleman in sy dashiki. Sy maniere is ouwêrelds. Hy is formeel, maar hy is beslis nie preuts nie.

Hy het nie ’n tikkie fiemies nie. Hy is pynlik noukeurig en elke dag voor sonop aan die gang. Hy is uiters sjarmant en beskou homself as ’n groot oorreder. Wanneer hy bewus word van ’n onreg of onregverdigheid wil hy dit regmaak.

Stengel verduidelik hoe en waarom hy al die feite weet. Hy skets sy persoonlike, sowel as samewerking met Mandela sedert 1992, sowel as heelwat van die geskiedenis en agtergrond wat die 15 lewenslesse motiveer en inspireer.

In die laaste hoofstuk probeer Stengel afbreek doen aan die Messiaanse beeld van Mandela in die oë van baie. Hy benadruk Mandela is slegs een van ’n lang lys leiers van wie hy geleer het en op wie se idees hy voortbou.

Hy onderskryf Mandela se menswaardigheid en wanneer dit by ’n nalatenskap kom, nl. die lewenslesse, is daar ’n vlugtige heronderskrywing van die beginsel van Ubunthu (Montho ke montho ka batho – ’n mens is ’n mens deur ander mense), ’n beginsel wat eintlik die 15 lewenslesse kenmerk.

Wat die lewenslesse self betref: Heelwat daarvan is af te lei uit die titels. Wat duidelik blyk, is die invloed op Mandela van die kennis van Lao Tzu se filosofie van posisionering in The Art Of War.

Wat hierdie lewenslesse besonders maak, is egter Mandela se persoonlike ervaring. Dit is eenvoudige lewenslesse wat ons die geleentheid bied om te delf in Mandela se lewenservaring. Ervaring is dus die sleutel tot die lewenslesse.

En daar steek ervaring en avontuur onderliggend tot die lewenslesse wat nie vir Jan Alleman beskore is nie, maar wat deur Mandela tot ons beskikking gestel word.

Die lewenslesse is gebore uit moeilike wedervaringe en getemper deur byvoorbeeld aanhouding in die tronk. Daar moet onthou word van hierdie ervaringe was ook so besonders dit het verwerping van die ego en van trekke soos heethoofdigheid, selfingenomendheid, arrogansie en selfregverdiging tot gevolg gehad.

Mandela se naderende dood het laastens ’n besprekingspunt geword.

’n Aanhaling deur Mandela op Robbeneiland uit Shakespeare se Julius Caesar lui: “Cowards die many times before their deaths; The valiant never taste death but once”.

Ek weet ek verspeel die geleentheid om die leemte te voorspel wat Nelson Mandela se sterfte sal laat, om van die politieke implikasies daarvan nie te praat nie. Dit kon net sowel lewensles 16 gewees het, maar die aangeleentheid word deur Mandela self in hierdie aanhaling beantwoord.

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-21°C Sprinkles early. Morning clouds. Cool. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 160i
2009
R 185,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 135,900.00

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Bestel jou iriver vandag vooruit

Nou net R1599

Wanneer jy jou irivier-storie eReader bestel, sal ons 'n e-Boek koopbewys ingooi om in ons Lentekatalogus van topverkopers te gebruik. Irivier verskeep 13/9/2010. Aanbod eindig 30/9.2010

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...