Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Kortverhale bied peuselgoed vir Meyer-aanhangers

2009-12-14 04:56

KAROONAG EN ANDER VERHALE deur Deon Meyer. Human en Rousseau. Sagteband. R160.

Lesers met ’n sagte plekkie vir speurder-kaptein Bennie Griessel, een van die protagoniste van Infanta, sal bly wees om te hoor hy is nou 34 dae sonder alkohol al voel hy nog “die dranklus wat ontluik soos ’n skaam minnares” (bl. 39). Hy moet in Die perfekte moord sin maak van ’n selfmoordbrief wat vreemde bekentenisse bevat en hy kry hond se gedagtes.

En Lemmer van Onsigbaar is ook terug in die verhaal Karoonag waarin ’n plaasaanval ’n onverwagse wending neem en ’n internasionale geur kry. Dis ’n lekker skop-skiet-en-jaagstorie en die arme Lemmer skryf sy splinternuwe bakkie af omdat hy Lemmer se Eerste Wet oortree: Moenie betrokke raak nie...

Só maak verskeie ander geliefde karakters weer hul buiging.

Die bundel bevat ses kortverhale en ’n lang-kortverhaal, Stiltetyd, wat as vervolgverhaal in Die Burger verskyn het. Van die ander verhale soos Die Nostradamus-dokument en Die ontvoering van Leendert le Roux het as vervolgverhale in Huisgenoot en Sarie verskyn.

Die pas in die kortverhale is flink soos dit ’n spanningsverhaal betaam. Maar wat pla, is dat dit verby is nog voordat die storie behoorlik op dreef kom. Meyer is gelief vir sy goeie karakterisering, maar die kortverhaalgenre is net te kort hiervoor.

Dalk is dit hoekom die langer Stiltetyd bevredigender is, want hier leer ken die leser Johnnie October en sy vrou, Pearlie, as mense wat in jou hart kruip, veral ná die fiktiewe onderhoud met Pearlie in die nawoord. In Stiltetyd eksperimenteer Meyer met die wetenskapfiksiegenre wanneer moorde onder rare omstandighede gepleeg word. ’n Jong meisie ontdek sy kan die tyd laat stilstaan en ontrafel saam met October die moorde.

Wat baie interessant van die bundel is, is dat daar ná elke verhaal ’n Nawoord is wat verduidelik wat die oorsprong daarvan is. Hierdie “nawoorde” beantwoord baie van die vrae waaroor lesers dikwels wonder soos oor die oorsprong van verhale, die skrywer se skryfproses en oor die karakters. Meyer-liefhebbers sal dit beslis geniet om te sien wat hom idees gee en hoe hy die skryfproses aanpak. Meyer vertel byvoorbeeld oor Die Skoen in Maria dit was een van die opdragte terwyl hy sy meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder Marlene van Niekerk gedoen het. Hy vertel hoe sy hulle as studente gemotiveer en gestimuleer het en dra die verhaal aan haar op.

Verslag oor ’n verdwyning word weer opgedra aan Petra Muller “wat een donker nag op Melkbosstrand my mistieke muse was”. En oor Die ontvoering van Leendert le Roux erken hy “met die insluiting van Die Ontvoering... in hierdie bundel het ek lank gedink oor ’n moontlike totale herskryf daarvan, want vandag staan die leemtes en foute daarin ongemaklik uit... ek het eindelik besluit om dit nie te doen nie...” En dit verg moed van ’n skrywer om homself só bloot te stel.

Hoewel die meeste verhale nie nuut is nie, is Karoonag en ander verhale ’n lekker peusel-boek in die afwesigheid van ’n Deon Meyer-roman in 2009. Lesers kan egter hul lippe solank aflek, want ’n roman, sy dikste nog, verskyn volgende jaar, en Meyer is by uitstek ’n romanskrywer.

– Adéle Dempers
 

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 307,471.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Ambiente 155kW MY09
2009
R 335,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video