John Smit se vertelling is eerlik en opreg

2009-12-20 23:53

CAPTAIN IN THE CAULDRON – THE JOHN SMIT STORY deur Mike Greenaway. Highbury Safika Media. Sagteband. R225.

Geen ander kaptein ter wêreld het soveel bykomende kwessies op sy skouers nie.

Suid-Afrika, met sy reënboognasie, soos Smit reeds in die tweede hoofstuk lostrek, is uniek. En dit bring soms unieke probleme vir die span mee.

Hoewel Smit dit nie in soveel woorde sê nie, sluit hy hom aan by sy eweknie van die Suid-Afrikaanse krieketspan, Graeme Smith, wat in A Captain’s Diary 2007 lof vir die Proteas het omdat hulle ondanks al die beweerde woelinge van die veld af tog bo uitgekom het.

Smit en sy makkers het dit ook op die rugbyveld reggekry.

Smit takel dié gewigtige onderwerp sommer vroeg. Hy verwys in die hoofstuk Rainbow Nation Rugby na dié komplekse drama van die Suid-Afrikaanse rugbypolitiek.

Smit stel dit sommer dadelik duidelik hy is nie teen kwotas nie, maar..

Die kaptein vertel die destydse breier Jake White het hom die oggend voor ’n toets teen die All Blacks in Johannesburg ingeroep. Die span was die vorige dag reeds goedgekeur.

White het aan Smit gesê hy is aangesê om die span te wysig sodat dit meer aan “demografie” moet voldoen.

Fourie du Preez is toe deur Bolla Conradie as die skrumskakel in die beginspan vervang. Smith sê dit was die begin van die verbrokkeling van die verhouding tussen Du Preez en die breier.

Smit sê daar is baie mense van verskillende groepe wat by die administrasie van die spel betrokke is. Hy het oor die jare uit persoonlike ondervinding geleer sekeres probeer self munt slaan uit hul betrokkenheid eerder as om Suid-Afrikaanse rugby te laat baat vind wat baie hartseer is. Hy sê van die mense aan bewind wou hulle eerder in hul hoedanigheid laat geld het en dat uitslae nie juis voorkeur by hulle geniet het nie.

Smit verwys ook na die voormalige Saru-adjunk, Mike Stofile, wat hom nog nooit op enige wyse ondersteun het nie en wat tot vandag toe nog nooit eens met hom gepraat het nie. Smit sê Stofile wou altyd net by White weet waarom hy met hom volhard bo ander hakers soos Chiliboy Ralapele, Gary Botha “en sy gunsteling”, Schalk Brits, wat volgens hom beter as Smit was. Stofile het glo ook uitgevaar omdat die verhouding tussen die kaptein en breier na sy mening te heg was.

Luke Watson se omstrede insluiting en die gevolg daarvan word later in die boek bespreek.

Smit sê toe hy in die Barbarian-span ’n kamer met die All Black-kaptein Richie McCaw gedeel het, het hy opnuut besef hoe sy rol as kaptein van dié van ander internasionale spanne verskil – maar hy verruil dit steeds vir niks nie.

In die eerlike en opregte vertelling onthul Smit ook baie wat agter die skerms aangaan.

Hy praat oor sekere aspekte van die insouting van nuwe spelers, terwyl sy vertelling oor die berugte Kamp Staaldraad seker die onthullendste nog is van alles wat reeds daaroor geskryf is.

Na dese sal ’n mens ook anders na ’n toetswedstryd kyk. Jy sal byvoorbeeld meer let op die plettervatte wat gemaak word. Smit vertel die speler wat met die hardste lakslag vorendag kom, word ná die tyd vereer. ’n Kershaw-jagmes word aan die betrokkene gegee en Smit skerts as Henry Honiball, alias die Lem, nog in die span was, sou hy waarskynlik al ’n groot versameling daarvan met al sy knipmes-duikslae gehad het.

Dit is maar een van die talle interessanthede in die boek. Daar is nie veel beeldpoetsery soos in ander boeke wat onlangs verskyn het nie. Smit sê ’n ding soos dit is. Dit is ’n goeie opsomming van sy loopbaan, asook Springbok-rugby die laaste paar jaar.

Nadat dit nie te waffers op die afgelope toer na Europa met die Bokke gegaan het nie, is dié boek ’n goeie Kersgeskenk om Bok-harte weer te laat warm klop.

– Johann de Jager, sportverslaggewer

 

 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.