Geskiedenis van Elandskloof belig

2009-11-30 05:23

DIE VERHAAL VAN ELANDSKLOOF deur Tobie Wiese. Protea-boekhuis. Sagteband. R220.

MET hierdie werk pak die skrywer in ’n intense verhaal- en verteltrant die “werklike” geskiedenis van die bruin gemeenskap van Elandskloof in die distrik Citrusdal aan.

Die NG Kerk koop die grond in 1862 vir die ontwikkeling van ’n sendingstasie. Onder apartheid en die Groepsgebiedewet moes die bruin mense die plek in 1961 ontruim. Dit lui ’n stryd in wat daarop uitloop dat hulle in 1996 terugkeer na hul grond: die eerste geval van grondhervorming ná 1994 in Suid-Afrika.

Intussen bou die skrywer sy vertolkde verloop van die verhaal sedert 1862 op uit briewe, notules van vergaderings, verslae en onderhoude met oudinwoners, besonderhede wat hy afwissel en inklee met sy eie vrae, interpretasies en gevolgtrekkings.

Anders as betoog in ’n onlangse boekresensie in Volksblad, gebruik die skrywer in sy histories-verhalende aanpak nie verwysings nie, maar gee hy ook aan die leesgierige gees ’n uitgebreide lys van meer as 40 bladsye geraadpleegde werke aan die einde van die boek. Hierdie bronne word onder die betrokke temas in die boek geplaas en bevat primêre, sowel as sekondêre bronne. Getrou aan die eise van die geskiedskrywing, is eersgenoemde bepalend, omvattend en uitgebreid. Dit blyk uit die wyse waarop hy dit aanhaal en aanwend in sy teks.

In sy skets van die historiese verloop van die lewe van die Elandsklowers kom die skrywer naby aan die belewenisse van bruin mense in sekere situasies. Sy konsentrasie hierop dreig soms om kroniekagtig en byna nie-verhalend te word sodat die leser dikwels wonder waarom soveel detail in ’n bepaalde geval gegee word en hoe die betrokke deel inpas in en bou aan die doel van die boek as geheel.

Soos die eenvoudige en gewilde indeling van die resente politieke en maatskaplike geskiedenis van Suid-Afrika, kom die groot ommeswaai in die verhaal van Elandskloof by 1994.

Die “verhaal” agter die verhaal tot 1994 (ook van 1961 en daarna) probeer ons oortuig van die bestaan van ’n verontregte groep bruin mense wat ’n onselfstandige bestaan gevoer het waarin hulle deur ongevoelige, onbegrypende en selfsugtige wittes bestaande uit die regering van veral ná 1948 (PW Botha as minister van kleurlingsake loop ook deur oor sy destydse ongevoelige “kragdadigheid”), die NG Kerk met enkele kerkrade en die Wes-Kaapse Sinodale Sendingkommissie en die omringende wit boere met hul bevoorregting onder apartheid, oorheers is.

Juis omdat die skrywer sy eie vrae en interpretasies ruimskoots aanbied, skemer sy vooroordeel teen die “oorheersers” plek-plek skerp deur. Op talle plekke kom dit voor asof hy nie meer as sy eie verklaring vir hul optredes wou soek nie.

Die boek eindig met ’n goed deurdagte en gedokumenteerde hoofstuk van die probleme wat ná 1996 ondervind word om van die bruin gemeenskap van Elandskloof ’n groter selfonderhoudende en produktiewe gemeenskap te maak. Nugtere realisme spreek uit die aanpak van die antwoord op die vraag na ontwikkeling in Afrika.

Daarmee gee die skrywer ’n breër visie aan die probleem en lewer hy sy grootste bydrae om die toekoms van Elandskoof en sy inwoners te bestendig.

– Prof. Piet Strauss, departement kerkgeskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.