Du Preez se werk van groot waarde

2010-03-01 06:43

DWARS – MYMERINGE VAN ’N GEBLEIKTE AFRIKAAN deur Max du Preez. Zebra Press. Sagteband. R220.

Wie is Max du Preez? Dit is lekker om die vraag te vra, omdat dit so ’n interessante antwoord ontlok: Max du Preez is ’n koerantman van formaat en “hardegat-joernalis” (ek haal die bekendstelling op die omslag aan), stigterslid en eens aan die roer van die onafhanklike baanbrekerskoerant Vrye Weekblad, later navorser en aanbieder van ’n reeks televisieprogramme oor die Waarheids-en-versoeningskommissie, sowel as van die Special Assignment-reeks. Hy is ’n skerp en onverbiddelike maatskaplike en politieke kommentator en hy is ook ’n demokraat, ’n aktivis en ’n skrywer. En dan is daar ook Max du Preez: Sewe keer vir laster gedagvaar en oorlewende van drie vliegtuigongelukke, twee sluipmoordpogings, ’n bomaanval en ’n menigte geswore vyande. Max is ’n kleurryke karakter, maar ook iemand om ernstig op te neem.

Dwars, Max se nuwe boek, is ’n vertaling van die voorafgaande Pale Native. Natuurlik staan sy status en ervaring as joernalis sentraal tot hierdie boek. Dwars raak van die mees beduidende geskiedkundige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis aan, stel die leser aan besonderse mense voor en dek aangrypende ervarings wat dikwels die groter samelewing beïnvloed – alles deur Du Preez as joernalis waargeneem en aangeteken.

Die joernalistieke anekdotes, verslaggewing en inslag bied Dwars aan ooreenstemming met ’n boek soos dié van sy voormalige kollega Jacques Pauw se Dances With Devils.

Nes laasgenoemde boek rig Du Preez egter ook die oë op buitelandse gebeure en kwessies soos die oorloë en massamoord in Rwanda en Bosnië in die hoofstuk Om die waarheid te sê.

Dwars is egter nie net die verwerking van ’n joernalis se belangrikste werk en ’n insiggewende agtergrond daartoe nie. Dit beskik ook oor ’n diskoers wat dieper onderwerpe raak wat Suid-Afrika en sy mense betref en is met emosie gelaai (waarvan Du Preez nie wegdeins nie). In hierdie opsig vind Dwars weer aanklank en ooreenkoms met Antjie Krog se Country Of My Skull. Nes die laasgenoemde werk bied Du Preez ook ’n persoonlike, kwalitatiewe interpretasie en diepte-beskouing van nasionale aangeleenthede. Du Preez val egter nie vas in ’n bedompige vooringenomendheid en verknogtheid aan als Suid-Afrikaans nie. Sekere sieninge betreffende die buiteland, soos dié van die Romani in die Balkans, word in die plaaslike konteks oorweeg, byvoorbeeld laasgenoemde groep se lot in vergelyking met die lot van die plaaslike Khoi. Dwars sprei die vleuels wyd en vele van die mensdom se passies, obsessies, haat en liefde word aangeraak.

Dwars beskik, naas die joernalistieke inslag, ook oor sterk trekke van ’n outobiografie. Dit raak Max se professionele sowel as persoonlike lewe aan, in die laasgenoemde opsig veral sy status en identiteit as Afrikaner en Afrikaan. Laasgenoemde was juis ook die onderwerp van ’n onlangse boek deur Christi van der Westhuizen (sy het haar loopbaan as joernalis onder Du Preez by Vrye Weekblad begin) se White Power. Van der Westhuizen se werk verskil egter van Dwars vanweë Dwars se sterker outobiografiese aard, persoonlike besinning en joernalistieke inslag, waar White Power eerder na ’n akademiese werk neig. Dwars besin oor die Afrikaner, sy status en identiteit as Afrikaner en Afrikaan, maar met Du Preez se persoonlike worsteling om tot terme met (sy) Afrikanerskap te probeer kom – van die eerste hoofstuk getiteld ’n Vreemde ou stammetjie dié. Hy sluit laasgenoemde hoofstuk so af (betreffende die Afrikaners en sy Afrikanerskap): “Ek is lief vir hulle, ek haat hulle, ek is trots op hulle, ek is erg skaam vir hulle. Maar ek is onteenseglik een van hulle”.

Hierdie boek is ’n belangrike boek: Dwars is nie net ’n vertelling van werklike ervaringe en gebeure nie. Dit spreek ook tot die leser, Du Preez se mede-Afrikaners en mede–Afrikane, sy land- en sielsgenote. Dit dring bowenal by lesers en Suid-Afrikaners op agting vir mekaar aan. (Geen wonder nie die boek is opgedra aan Van Zyl Slabbert, laasgenoemde het immers elemente van Dwars se visie reeds jare tevore al gepropageer).

Du Preez is onkonvensioneel, weier om te konformeer, is anti-politieke korrektheid, rebels en amper anargisties, vry en ongebonde en hy herinner aan Hunter S. Thompson, veral aan sy politieke kommentaar in The Great Shark Hunt. Hy het egter ook integriteit en agbaarheid, al trek hy ook hoe skuins en dwars, of al lyk hy ook hoe uit lyn met die res. Du Preez praat reguit. Ondanks soveel in die boek wat rondom hom en sy lewe wentel, is daar onderliggend ’n voortdurende bewussyn van die welsyn van die res van ons en ons kollektiewe lot. (En Max is onteenseglik een van ons.)

Dwars het soms egter ook ’n donker toekomsbeeld, ’n onrusbarende verklaring en projeksie van dinge wat (kan) verkeerd gaan en van die maatskaplike en politieke probleme waarmee ons onsself opsaal. Dwars bied egter ook verligting, al is dit geen handleiding of manifes nie, deur aanduiding van wie en wat ons kan wees, van aanpassings in ons denke en van ’n manier hoe ons kan leef en voortgaan – waarin die boek werklik iets van waarde bied.

Du Preez het ’n leeu van Afrikaanse joernalistiek geword en Dwars is sekerlik sy grand magnum opus, indien ek dit durf in sulke gewigtige terme verklaar.

Na hom sal ek soekende Afrikaners en Afrikane verwys, oud en jonk. Hy is iemand met wie hulle kan saamstem of van verskil, maar met wie hulle saam kan stap en voortbeur die toekoms in met sy uitsprake in hierdie werk uit die hart.

Adriaan van den Berg, vryskutresensent

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.