Dis kúns hierdie

2010-06-12 06:00

STEVE HOFMEYR is ’n ou kalant. Sy digbundel, Valkuns, het gemengde reaksie uitgelok, maar was baie gewild. In 2008 verskyn ’n bundel sêgoed, Jêmbekseep, en in 2009 Die mense van my asem, ’n outobiografie waarvan daar ’n ruk lank meer eksemplare as van Kook en Geniet verkoop is.

Vier briewe vir Jan Ellis, ’n novelle, is so nuut dat dié boek hom nog op die trefferlyste moet bewys.

Novelles het nie heeltemal die tref-en-trap-voordeel van ’n kort- of kortkortverhaal nie; nog minder het novelleskrywers ’n skilderdoek so wyd soos die Heer se genade.

Maar soos met ’n kortverhaal word “glipsies” onmiddellik rakgesien; soos met romans val woorde wat gesê móét word, maar deur ’n senuagtige skrywer uitgelaat is, onmiddellik op. ’n Novelle is net so min die werk van ’n lui romansier as van ’n oorywerige kortverhaalskrywer.

Die vraag is: Bewys Hofmeyr dat hy hierdie genre met die eerste probeerslag onder die knie het en ’n plek aan die skrywershemel verdien? Of gaan sy ego ’n oorveeg kry?

Die verhaal open met ’n fiktiewe koerantberiggie (ironies genoeg nié ikonies aangebied nie) oor duisende rande se geldnote wat in Sishenstraat rondfladder. Die polisie weet nie waar die geld vandaan kom nie.

George Jan Ellis Kok word daarna aan die leser voorgestel as ’n stout kind in Diazville. Sy ma is oortuig Jan is ’n dief.
As jong volwassene word Jan aangestel as posbode. Iets verskrikliks gebeur...

Altesaam 40 jaar later keer Jan Ellis terug na die strate waar hy grootgeword het. By hom het hy ’n stapeltjie onafgelewerde briewe.

Die gegewe lyk skraps, maar Hofmeyr woeker daarmee om ’n verbluffende storie vol geheime, bedrieglikhede, versweë wyshede en emosionele trauma te skep.

Die boek het ’n sterk visuele impak. Van die vier briewe waarna die titel verwys, is een in tikskrif afgedruk en die res in lettertipes wat lyk asof dit met die hand geskryf is. Verskeie ander dokumente is verbatim naas die teks afgedruk en speel daarop in.

Die struktuur is goed beplan: Kort hoofstukke word afgewissel met die genoemde faksimilee-afdrukke. Elke tydsprong is perfek. Alles pas; alles maak mettertyd sin.

Die taalgebruik kan beswaarlik méér in die kol wees. Jan Ellis praat met sy eie stem, in Afrikaans wat net in die Weskus se bruin woonbuurte aangetref word, bittersoet humor en al. Die protagonis se leefwêreld – selfs die deel van die boek wat hom dekades gelede afspeel – word getrou uitgebeeld. Hofmeyr vertel so oortuigend asof hy self in Oudam se strate grootgeword het.

Die verhaal se vlymskerp intellek, ironiese kinkels en droewe ondertoon word nooit aan die leser opgedwing nie, maar skep die indruk van skadurige, ragfyn vinjette. Min skrywers kan so ónder die oppervlak werk en terselfdertyd onderhoudend en aangrypend, selfs vermaaklik, skryf.

Kort voor die einde sluit die teks hom weer by die inleiding aan: antwoord en vraag het mekaar gevind en die kringloop is voltooi.

Vier briewe vir Jan Ellis is ’n verhaal oor die “weggooibaarheid” van mense; oor eenvoudige, maar kosbare lewens wat vinnig verbygaan en maklik verkwis word.

Alles tel in hierdie perfek afgeronde verhaal. Dis Kúns hierdie, geskep met ’n koel berekendheid, maar ook ’n warmte, grasie en deernis. Ek twyfel of daar gou weer ’n boek, in enige genre, van hierdie gehalte sal verskyn. 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.