De Lange tref met sy beeldvermoë

2010-07-24 06:00

JUDASOOG. ’N KEUR UIT DIE GEDIGTE VAN JOHANN DE LANGE. Human & Rousseau. Sagteband. R160.

AKWARELLE van die dors. Dit is nie net die titel van Johann de Lange se debuutbundel nie, maar dit is hoe ’n mens hierdie ryk geskakeerde digkuns kan tipeer.

Dit is ’n digkuns van die paradoks, van onvervulling, en juis hierom is daar ’n intense belewing van die oomblik en die skoonheid in verval.

’n Mens sou De Lange se poësie onder verskillende noemers kon plaas: die verhouding met die gestorwe vader wat soos ’n herhalingsdrang deur die hele oeuvre beweeg (die digkuns en prosa), die gesprek met Ingrid Jonker, Sheila Cussons en N.P. van Wyk Louw. Die digter word (verkeerdelik) as gay-digter getipeer.

Hy het van die sterkste verse oor die tema in Afrikaans gelewer (veral in Nagsweet), maar De Lange het ’n Januskant. Hy is sowel cruiser en gay-digter as besinger van die skoonheid. Hierom die gesprekke met en herdigtings van Dickinson, Baudelaire, Rilke, Auden, Edmund White; nader tuis Opperman, T.T. Cloete, Ina Rousseau en Wilma Stockenström, onder andere.

Henning Snyman skryf op die agterblad tereg: “Binne die geestelike diepgang van sy verse kom die beeld ágter die beeld te voorskyn”. Dit is ’n raak opsomming van die besondere beeldvermoë.

Wat hierdie bundel vir die waarderende leser uiters waardevol maak, is die hand vol nuwe verse wat ook by die keur ingesluit is. Hier vind ons openlike gay-gedigte (die een is ’n versweë antwoord aan ’n ander digter) en ’n lieflike vers oor Marilyn Monroe.

Daar is ’n vers oor Golgotha waarin die digter die moderne tegnologie aanwend soos Google, SMS, Twitter, blog, en so meer, om te probeer bepaal hoe die moderne mediabehepte mens op die fenomeen Jesus Christus sou reageer.

Bekende digterlike temas tref ons hier aan: die liefde, dood, kortstondigheid van ons bestaan, die verhouding met die werklike en digterlike ouers, die “naakte algebra” van die gay-bestaan, gedigte oor dwelms en vigs, verse oor ikone (soos Monroe, Kurt Cobain) en so meer.

’n Mens is opnuut onder die indruk van die digter se besonderse vermoë om die gedig op ’n sekure slot af te stuur:

Ek soek in die falende lig
na die slot van my gedig (126, Slot).

Hier gebruik die digter die wêreld van die digkuns om die werklike lewe te beskryf, iets wat deur die oeuvre loop. Die intratekstuele en intertekstuele aanslag kom nou helder na vore en in ’n keurbundel kry gedigte dikwels ’n nuwe betekenis, omdat hulle nou langs ander verse lê.

Die Judasoog van die bundel betrek nie net die eksplisiete seksuele verse soos Loergat (uit Nagsweet) nie, maar aktiveer die posisie van die leser as voyeur wat die private bestaan van die digter betree. Trouens, jonger navolgers van De Lange het beslis nie die vermoë om die eks­plisiete en selfs transgressiewe beeldgebruik so oortuigend te gebruik nie. Die digter kan nooit van kitsch of grillerigheid beskuldig word nie, al dig hy oor reeksmoordenaars wat tot simbole verhef word.

Selfs die gebruik van die plat woord (soos in Tongnaai 2) word metafories so in beheer gehou dat ’n mens net jou hoed vir die digterlike energie kan afhaal.

Wordende naak en Nagsweet, uit 1990 en 1991 onderskeidelik, bly my twee gunstelingbundels. In die middel van die oeuvre – en al die ander bundels voorspel en keer na hierdie twee suiwer bundels terug. Die Orpheus-mite is ’n belangrike sleutel vir die begryp van hierdie digkuns met sy vele “correspondances” en “blomme van boosheid”.

Van die Tierra del Fuego tot aan die ysvlaktes van Groenland, van die Kaap tot Wladiwostok, vibreer hierdie gedigte met hul fyn toespelings op die Griekse mitologie en ou wyshede.

Johann de Lange is eweneens ’n begenadigde vertaler (soos sy vertalings van Stockenström bewys het) en ’n besónderse kortverhaalskrywer. Maar dit is in sy digkuns waar ons onder die indruk van ’n suiwerheid kom:

Die sagste wat ons het, die taal,
bestaan solank ons asemhaal. (Taal, bl. 123)
Hierdie digkuns is met die Ingrid Jonker- en Rapportpryse bekroon.

Sy oeuvre word feitlik ’n register van emosies, fel en diep, skryf Snyman. En dit is presies hoe dit is.

Die digter het self die verse gekies; ek sou waarskynlik nog bygesit het!

Human & Rousseau se projek om keurbundels vir belangrike digters te gee moet beslis aangeprys word.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.