Boek wys SA is ryk aan wonderlike mense

2009-11-23 02:21

DIE REëN KOM NIE MAKLIK NIE – STORIES VAN AGTER DIE SOUTPANSBERG deur Ina le Roux. Human & Rousseau. Sagteband. Prys R145.

Dis om in ’n ander mens se hart in te klim, die lees van die verhale wat Piet Mavhetha in sy eie Afrikaans vertel. Teen die agtergrond van die historiese werklikhede van die land.

Jy voel die swaarkry en armoede van die seuntjie wat agter die Soutpansberge in een van die droë dele van die land grootword. Jy is saam verwonderd oor die wonderwerke wat hy deur die jare beleef. Jy lag saam oor die snaakse voorvalle in sy lewe.

Die verhaal ontvou van dié nederige Venda-man wat as tienerseun in die laat jare vyftig deur armoedige huislike omstandighede gedwing word om ’n wit paartjie se seuntjie te gaan oppas. So verknog raak Johantjie aan Piet dat hy weier om Kersfees saam met sy ouers by familie te gaan kuier as Piet nie saamgaan nie.

In 1961 gaan Piet saam met die gesin Krugerwildtuin toe – waar die hekwagte hom nie wil inlaat nie omdat hy swart is. Piet se reaksie: “O, nou wonder ek, dalk is daar ’n muskiet of ding wat my sal steek of so!”

Later kom Piet tot bekering nadat ’n vriend hom van die Here vertel. Piet gaan Bybelskool toe en word ’n pastoor in die arm gehuggie waar hy grootgeword het.

Die boek gaan grootliks oor sy belewenisse as pastoor, vertel in Piet se eie woorde.

In die proses ontvou die karakter van hierdie minsame, beginselvaste, nederige mens met sy mooi humorsin voor jou.

Piet wat nee sê toe die ANC voor die 1994-verkiesing ’n vergadering in die kerk wil hou, en daarna twee weke lank vrees dat sy huis of die kerk afgebrand sal word. “Die kerk kan hulle nie kry nie, dis die Here se kerk.”

Piet wat by meer as een geleentheid nee sê vir ander werksaanbiedinge. Oor ’n aanbod om as skuldinvorderaar vir ’n meubelsaak te werk, sê Piet: “Netnou as ek so soek en soek na die mense op daardie list sal ek kry ek het God lankal verloor.”

Piet wat ’n skoolmeisie wat groot potensiaal het, maar nie deur haar ouers die kans gegun word om skool te gaan en ontwikkel nie, in sy huis inneem en vir haar skoolopleiding betaal.

Piet klim in jou hart in. Sy waarnemings van die lewe, sy humor, sy omgee.

Hierdie boek is ’n juweel. Ina le Roux slaag op merkwaardige wyse daarin om as skrywer onsigbaar te raak in die vertellinge, en om Piet so eg aan die woord te laat dat dit sý boek en sý verhaal word. Dit is meesterlik gedoen.

’n Boek wat ’n mens opnuut laat besef hoe ryk hierdie land is aan wonderlike mense met wonderlike verhale. ’n Boek wat ’n mens opnuut met hoop besiel.

– Christo van Staden, redaksielid van Volksblad

 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.