Baanbrekerswerk nie meer relevant

2011-05-28 06:03

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

SOEKER deur Pieter Cilliers. Protea Boekhuis. Sagteband. R225.

SOEKER is die derde uitgawe van die amper legendariese ’n Kas is vir klere – Pieter Cilliers se outobiogafiese vertelling oor sy stryd om sy gay-wees te aanvaar – met as bonus positiewe én negatiewe terugvoering oor dié boek en Cilliers se kommentaar op dié kommentaar.

Die meeste lesers wat ontvanklik is vir so ’n boek het reeds ’n Kas is vir klere gelees en hulle van die uiteenlopende kommentaar oor die boek vergewis. Maak ’n nuwe uitgawe dus sin?

Die antwoord is waarskynlik dat Soeker gerig is op ’n nuwe geslag lesers, asook ouer lesers wat nog nie hul hande op ’n eksemplaar kon lê nie.

My eerlike mening is dat dié heruitgawe kon gebly het. Wat in 1997 baanbrekerswerk was, is in 2011 ’n dooie perd. Daar het sedertdien soveel soortgelyke boeke verskyn – soos André Carl van der Merwe se roman Moffie (2006), Philip Liebenberg se Daar’s ’n gay pastoor in my kop (2008) en meer onlangs Praat verby grense deur Laurie en Frits Gaum – dat ’n mens sat gelees is aan hierdie genre, al het jy ’n persoonlike belang in literatuur van hierdie aard.

Daarby word al hoe meer gays opgeneem in ’n tydsgees waarin aanvaar word dat dit sinneloos is om jou oor jou seksualiteit ongelukkig te maak omdat ander mense of instansies ’n probleem daarmee het. Veral jonger gays durf hul gay lewe vreesloos aan.

Altesaam 14 jaar later, deel twee van Soeker is voorspelbaar en lewer feitlik niks oorspronkliks op nie, maar bied tog ’n insiggewende (maar verouderde) perspektief op ’n Kas is vir klere. Die uiteenlopende menings oor gay-wees, veral uit ’n Christelike perspektief, is interessanter as Cilliers se kommentaar daarop. Maar soos gesê: Al wek hierdie terugvoering uiteenlopende emosies op, is daar nie veel sprake van oorspronklikheid nie.

Dié afdeling sal spreek tot lesers wat deur ’n vorige uitgawe van ’n Kas is vir klere opgesweep is tot lofsange en amperse aanbidding, maar diegene sal diep in hul beursies moet delf vir ’n boek van 438 bladsye net sodat hulle toegang kan hê tot die laaste 172 bladsye.

As jy ’n boek oor ’n wroegende, middeljarige gay man op jou rak móét hê, is daar meer bevredigende titels beskikbaar.
– Jaybee Roux, vryskutresensent

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.