‘Die lang generaal’ ’n politieke riller soos min

2009-10-12 04:53

 

DIE LANG GENERAAL: DIE DUISTERE POLITIEKE SLUIPMOORDE VAN DIE OU SUID-AFRIKA
deur Alan Elsdon. RandomHouseStruik. Sagteband. R200.

Die boek het as tema die skrikwekkende verhaal van die mees gevreesde man in Suid-Afrika in die tydperk 1960 tot 1978 – Lang Hendrik van den Bergh. Van den Bergh was die briljante hoof van die veiligheidspolisie en ’n gerespekteerde persoonlikheid onder die Koue Oorlog-spioene. Dit is dié man wat met verloop van tyd by magte was om ’n indrukwekkende intelligensienetwerk op te bou.

Die skrywer, Alan Elsdon, is ’n voormalige veiligheidspolisieman.

Hy het hom in 1973 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit waar hy met verloop van tyd in verskeie hoedanighede diens gedoen het, onder meer as deel van die narkotikaburo en die sentrale ondersoekafdeling. In 1977 sluit hy hom as kriptograaf by die veiligheidspolisie aan.

Anders as ander skrywers oor dieselfde onderwerp, naamlik adv. P.J. Pretorius met sy Volksverraad en Chris Steyn-Barlow met haar Publish and be damned en Mervyn Rees en Chris Day in hul Muldergate: The Story of the Info Scandal, het Elsdon weens sy beroep in die kern van die diepste binnekringe beweeg in ’n tyd toe daar oor baie van hierdie sinistere gebeure ’n mantel getrek is.

Oor hierdie gebeure is daar al jare lank maar net bespiegel. Dit is opvallend hoedat die feite van die drie voormelde outeurs ooreenstem. Uit ondervinding is Elsdon net meer in besonderhede.

Adv. John Vorster en Hendrik van den Bergh het saam ’n lang pad gekom – Ossewabrandwag-strydgenote en saam oorlogsgeïnterneerdes op Koffiefontein.

In die Verwoerd-kabinet is Vorster minister van justisie en die veiligheidspolisie. Van den Bergh is die hoof van die land se intelligensiediens.

Teen die einde van 1962 stel premier Vorster Van den Bergh aan as hoof van die veiligheidspolisie. Van den Bergh is nou hoof van die nuutgestigte Buro vir Staatsveiligheid (BOSS) en hy is net aan Vorster aanspreeklik.

In die ware sin van die woord was Vorster en Van den Bergh verantwoordelik vir die vestiging van Suid-Afrika se veiligheidsmasjinerie.

Van den Bergh bestee reuse-bedrae om te verseker dat BOSS van die gesofistikeerdste tegniese toerusting in die wêreld het.

Om die toerusting behoorlik te installeer en sy personeel funksioneel op te lei, het Van den Bergh in die geheim tegniese deskundiges uit Israel na Suid-Afrika gebring.

Eventueel begin sekere mense sporadies, opvallend anti-apartheidsaktiviste, “selfmoord” pleeg, ander val op onverklaarbare wyse van hoë geboue af en ander verdwyn sommer maar net. Ná elke geval teken Van den Bergh agter die betrokkene se naam in sy boekie aan: lugramp, ongeluk, pakketbom, opgebruik, sluipmoord, geïllimineer, gevlug uit RSA.

Elsdon verbind Van den Bergh met ’n groot aantal moorde, verskeie daarvan tot vandag toe nog opspraakwekkend: eerste minister dr. H.F. Verwoerd, staatspresident Nic Diederichs, Steve Biko, Anton Lubowski, NG teoloog prof. Johan Heyns, NP-kandidaat en monetêre ekspert dr. Robert Smit en prof. Johannes Bruwer.

Dr. Robert Smit het, op versoek van premier Vorster, op ’n geheime missie na Switserland gegaan om vermoede ongerymdhede met regeringsrekening aldaar in Switserse banke en die betrokkenheid van hoëprofielpersone in regeringskringe in Suid-Afrika na te gaan. Premier Vorster is deur ’n Switserse bankier ingelig. Suid-Afrika se massiewe reserwes is aan daardie land toevertrou.

By sy terugkeer was Smit se rapportering aan die eerste minister skokkend.

Van den Bergh vermoed geruime tyd dat Bruwer verantwoordelik was vir Verwoerd se “nuwe visie”. Bruwer sterf in die SAL Vickers Viscount, die Rietbok, wat naby Oos-Londen in die see stort. Heyns se ontwikkelende vriendskapbande met Nelson Mandela was vir sommige onaanvaarbaar. En dan was daar Diederichs se erkenning op sy sterfbed aan ’n verpleegster dat hy betrokke was by Smit se moord.

’n Groot gedeelte van die intrige in die verhaal gaan oor die finansiële skandaal wat binne die departement van inligting afgespeel het rondom die ontwykende dr. Eshel Rhoodie.

As jy die boek toeslaan, besef jy hoe skrikwekkend dit werklik is as ’n ideologie ’n bewind se agente hul moraliteit oorboord kan laat gooi om bisarre doelwitte te bereik. Vreesaanjaend as jy daaraan dink dat fanatici beskermd in uitvoerende kernposte kan beland.

As u lus het om ’n riller te lees beveel ek hierdie boek sterk aan. U sal dit geniet.

Die Lang Generaal is ook in Engels beskikbaar.

– Ockie Geyser, emeritus-professor aan die departement geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

CHEVROLET

ORLANDO 1.8LS
2011
R 239,994.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2008
R 155,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.