‘Die Bike-boek’ is gemaklike leesstof

2009-10-12 04:53

 

DIE BIKE-BOEK 


saamgestel deur Tobie Wiese. Tafelberg. Sagteband. R165

“Maar toe daal die hel op my neer: ’n Meisiekind met ’n wit Golf ry my TMax onder my gat uit. Kan die f*kken vroumens nie kyk waar sy ry nie!” (Ben du Toit) Dit is dié soort juweeltjies wat jy in Die Bikeboek, ’n versameling kortverhale oor motorfietse en hul ryers, kry, want in die boek word ’n ding gesê soos hy is...

Die Bike-boek is deur Tobie Wiese saamgestel en bevat bydraes van bekendes en minder bekendes, skrywers en nie-skrywers en selfs van mense wat nie motorfiets ry nie! Maar een ding het al die stories in gemeen: Dit gee jou ’n kykie in die wêreld van motorfietsryers en gou besef jy as uitgewekene in die geledere dat motorfietsry ’n bekoring vir baie mense het wat jy nie sommer by kar-mense sal aantref nie. Daar is nie verniet ’n stekie of twee na die vierwielrygoed of eerder hul bestuurders wat nie altyd die nodige respek en eerbied vir dié op tweewiele het nie.

Die verhale, sommige effe ernstig, ander meer humoristies en hier en daar dalk een selfs leersaam, is goed geskryf soos ’n mens van die uitgelese klompie motorfietsryende skrywers kan verwag.

Die verhale is kort en bondig. Jy word nie verveel met langdradige intriges en uiteensettings oor die ryer of die motorfiets nie.

Anders as mense wat kar bestuur, het elke “baaiker” tog ’n storie om te vertel. Moet ook nie dink dat die stories laf, verspot of vuilbekkig is bloot omdat dit van “baaikers” af kom nie. So sal ons nie die gerespekteerde klompie skrywers in die gesig vat nie. Die verhale wissel van hoekom dié of daardie persoon op ’n motorfiets besluit het, tot daardie koop-ervarings, die trippies iewers heen en wat is ’n lekker baaikstorie sonder ’n valslag?

Van die verhale is deur gróót skrywers soos Deon Meyer, Kerneels Breytenbach en Dana Snyman neergepen, ander deur ’n klompie bekende joernaliste en selfs Madiba se regterhand, Zelda le Grange, is ’n baaiker en vertel meer.

Die boek sal enige leser redelike genot verskaf en jy hoef nie iets van motorfietse te weet of self ’n motorfietsryer te wees om die lief en leed van die manne en vroue op die ysterperde te geniet nie. Uiteraard sal motorfietsryers met baie meer in die verhale kan identifiseer, maar dit is vir ’n wyer gehoor as net die “baaikers” bedoel.

’n Paar van die verhale se temas vertel al klaar ’n storie: Hoe drie softies manne geword het (Albé Grobbelaar), Die biologie van biking (Piet Oosthuizen), Rum en dissipline, dis wat hulle kort! (Kalie Kirsten), Daar’s ’n (klein) rebel op die dorp! (Jaco Kirsten), ’n Scooter is nie ’n poegie nie (Ben du Toit), Hoe Ray Charles sy liefde vir Scrabble verloor het (Kerneels Breytenbach), Die Harleys, die poedel en Jack Daniels (Dana Snyman), Dáái dae was rof (Jon Minster) en Koffie vir dié wat dors het (Tobie Wiese).

Inderdaad lekker gemaklike, ligte leesstof wat snaaks is en ’n mens so ietsie leer van die psige van motorfietsryers.

– Jannie Hennop, redakteur van Motor-Volksblad

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.