Deon skryf wat hy wil lees

2009-11-08 22:36

MIMOSA MALL, Bloemfontein. 17:10.

“Daar’s hulle,” sê Charl en tel sy swart sak op.

Ons kyk af op die twee figure wat met die roltrap opgery kom en links na ons draai. Hulle kom aangestap.

Deon Meyer is lank, sterk gebou. Sy hare is langer as op die omslagfoto’s op sy boeke en golwend agteroor gekam. Hy dra ’n swart hemp en grys geruite baadjie – die toonbeeld van ’n gesofistikeerde skrywer. G’n wonder nie die fotograaf het hom so maklik raakgesien. Sy oë is ligblou, sy stem heserig, dalk omdat dit al die derde boekbekendstelling in drie dae is. Hy praat mooi, suiwer Afrikaans.

Wanneer ons gaan sit, bestel hy ’n warm sjokolade, maar skep die room later af – darem te dekadent.

Hy is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore, maar hy wil nie sê wat sy doopname is nie.

Hy het in die Wes-Transvaal grootgeword waar sy pa die areabestuurder van ’n hysermaatskappy was. Sy ma was ’n tuisteskepper. Hy is die middelste van drie seuns, maar hy ly nie aan die middelkind-sindroom nie, in elk geval nie sover hy weet nie...

Sy pa was ’n gebore storieverteller by wie hy belangrike lewenswaarhede geleer het. Wanneer hulle vakansietye Kaap toe gery het, het sy pa vertel die lewe is soos ’n reis Kaap toe: Jy moet eers die dor vlaktes van die Karoo oorsteek voordat jy die oase van die Kaap kan bereik. In die grootmens Deon se lewe beteken dit die lewe vra opofferings as jy iets wil bereik.

Sy ma was die leser in die gesin. Sy het baie gepraat oor wat sy gelees het, vir hulle boeke uitgeneem en so die liefde vir lees by hulle gekweek.

As seuntjie wou hy die gewone seuntjie-goed soos soldaat of speurder word, maar hy wou reeds vroeg “stories maak, ander die plesier gee wat ek uit stories put”. Nou skryf hy wat hy graag sou wou lees, want hy dink elke skrywer skryf eintlik vir homself.

Deon is met Anita, ’n oudjoernalis en fotograaf, getroud. Hulle het vier kinders tussen 14 en 24 jaar, twee seuns en twee dogters.

Anita is sy klankbord en lees en lewer kommentaar soos hy skryf. Hy noem haar sy “vrouekonsultant” wat raad oor sy vrouekarakters gee.
Sy kinders dink nie hul pa is besonder cool nie; inteendeel, hulle lees nie eens sy boeke nie. Maar hulle hou daarvan wanneer hy bekendes huis toe bring. Deon probeer die gesprek met hulle aan die gang hou, veral omdat tieners geneig is om in hulself geslote te wees.

Al skryf Deon nou heeltyds van die huis af, werk hy steeds baie gedissiplineerd van soggens vroeg af vir sewe, agt uur. Hy skryf afgesonder in ’n studeerkamer en hoe stiller dit is, hoe lekkerder skryf hy.

“Nee,” sê hy laggend oor of dit nie vir hom en Anita moeilik is om albei by die huis te wees nie, “dit gaan beter as wat ons verwag het.”
So hoe begin ’n nuwe boek? Volgens Deon ontwikkel ’n idee eers in sy kop en hy loop soms lank daarmee en pas die stukkies inmekaar. Dan begin hy navorsing doen, onderhoude voer, die milieu en omstandighede ondersoek. Hy gesels met mense soos polisiemanne en luister fyn wat hulle sê en hoe hulle praat – dis hoekom sy dialoog so lewensgetrou is. Hy is baie presies oor dinge soos ligging omdat lesers hom op sy tone hou. Hy neem foto’s van ’n plek en skryf die GPS-koördinate neer sodat hy daarna kan terugverwys. Tydens die navorsingsproses begin hy skryf.

Hy raak lief vir sy karakters en kan nie een as gunsteling uitsonder nie, “dit sal onregverdig wees”. Hulle word vir hom soos mense wat hy ken en met wie hy wil gesels. Anita verstaan al wanneer hy in ’n slegte bui is, gaan dit sleg met een van sy karakters.

“Een voordeel van skryf,” sê hy, “is ek kan hulle terugbring in nuwe boeke as ek te veel verlang.”

Karakter-identifikasie is baie belangrik en hy wil graag hê die leser moet vir sy protagoniste omgee. Sy karakters is fiktief, hoewel hy soms iemand se fisieke voorkoms as ’n raamwerk sal gebruik.

Dit is opvallend dat Deon sy karakters se ras noem. “Dit is die Suid-Afrikaanse werklikheid en dit plaas ook die karakter in konteks. Ek spesifiseer selfs of ’n karakter Xhosa of Zoeloe is, want dit vertel ook vir die leser meer. Dit help ook om vir lesers van die vertaalde boeke die prentjie duideliker te skets.”

Deon skryf die spanningsverhaal se internasionale gewildheid daaraan toe dat alle mense ’n ingeboude sin vir geregtigheid het. In ’n spanningsverhaal boet die antagonis gewoonlik en die protagonis se “oorwinning” oor die slegte bevredig die leser se sin vir geregtigheid.
Die goeie nuus is dat hy nou aan sy dikste boek nog werk en dat dit aanstaande jaar op die winkelrakke sal wees.

Deon sê sy beste en slegste eienskap is sy deernis met mense en sy ongeduld met stommerike.

’n Kenner van mense dus, soos ons kan sien in sy boeke. Al lyk hy soos die gesofistikeerde skrywer, het hy ook ’n aardsheid en rustigheid aan hom. ’n Mens sonder nonsens, beaam sy bemarker.
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.