Coetzee daag tradisie uit

2009-11-08 22:36

SUMMERTIME deur JM Coetzee. Harvill Secker-uitgewers. Hardeband. R298,95.

JM Coetzee se jongste fiktiewe outobiografie, Summertime, is die derde deel van ’n trilogie en word deur Boyhood en Youth voorafgegaan. Gesamentlik bied die werke ’n blik op die verskillende stadiums van Coetzee se lewe.

Tipies van sy werk daag die jongste toevoeging ook die tradisie van die outobiografie uit deur dit as geskiedkundige feite vermom as fiksie aan te bied.

Coetzee skryf in die derde persoon oor homself en ook uit die perspektief van ’n groep sprekers wat elkeen ’n kenmerkende, afsonderlike identiteit kry – Julia Frankl, die getroude vrou met wie Coetzee ’n stormagtige verhouding gehad het, Margot Jonker, ’n niggie met wie hy ’n groot en gekoesterde deel van sy kinderjare gedeel het, Adriana Nascimento, die Brasiliaanse immigrant en eksotiese danser op wie hy byna irrasioneel verlief geraak het, en ander.

Coetzee gebruik hierdie individue se stemme om ’n saamgestelde beeld van homself te bou deur ’n reeks onderhoude deur nog ’n fiktiewe karakter, die jong Engelse biograaf, Mr Vincent. Feit en fiksie, illusie en werklikheid, word só dig vervleg in hierdie ongenadig eerlike en struktureel komplekse fiktiewe memoir.

Deur die persoonlike vertellings van hierdie individue bied Coetzee die leser insigte in sy verlede wat spesifiek konsentreer op die jare 1971 tot 1977 waartydens hy saam met sy bejaarde pa in Tokai Road, Kaapstad, gewoon het ná ’n kort diensbeurt aan ’n Amerikaanse universiteit.

Die jonger Coetzee kom na vore as ’n eksentrieke, raaiselagtige, afsydige karakter – ’n komplekse, teruggetrokke man wat moeilik verhoudings aanknoop en oor die algemeen in sy omgang met mense sukkel.

Die vertellings is omsigtig gekonstrureerde retrospektiewe voorstellings van Coetzee in verskillende lewensfases en wissel van die persoonlike, intieme herinnerings aan sy destydse minnares tot die liefdevolle rekonstruksie van ’n familielid met wie Coetzee ’n groot deel van sy kinderjare bestee het. Dit word gevolg deur die bitsige verslag van sy gedoemde verliefdheid op die ma van een van sy Engels-leerlinge in die tyd toe hy as aanvullingsonderwyser gewerk het. Hierdie vrou se vertelling is deurspek van herinnering aan die onbeholpe, sosiaal ontoereikende skrywer wat sy beskryf as ’n obsessiewe sluipjagter wat ’n beslis gedoemde liefde najaag. Dit wek die beeld van Coetzee as ’n jong man wat worstel met die eksistensiële laste van onbeantwoorde erotiese begeerte en pynlike selfbewustheid. Dit word duidelik dat Coetzee homself sien as ’n essensieel eensame karakter wie se intelligensie blykbaar konstant ongemaklik met die meer instinktiewe kant van sy natuur verkeer.

Die laaste hoofstuk fokus op Coetzee die akademikus wat aan die Universiteit van Kaapstad doseer. Hierdie deel word deur sy universiteitskollegas, Martin en Sophie, beskryf en hul vertellings gaan oor Coetzee se politieke en ideologiese verbintenisse. Hy word geskilder as iemand wat terselfdertyd ’n naïwe idealis en somber fatalis is, ’n mens wat geskiedkundige gebeure sien as die manifestasies van ’n onpersoonlike proses wat heeltemal onafhanklik van die individuele en kollektiewe wil staan. Coetzee se geneigdheid om op ’n afstand van maatskaplik-politieke gebeure te staan verklaar miskien sy afsydigheid teenoor die swart vryheidsbeweging in die Suid-Afrika van die jare 70 en 80.

Coetzee se politieke afsydigheid word deur die uitgangspunt gevorm dat wit aansprake daarop dat hulle van Suid-Afrikaanse oorsprong en identiteit is, inherent “fraudulent” en “illegitimate” is. Dit is ook hierdie uitgangspunt wat volgens die vertelling tot sy vertrek in 2001 uit Suid-Afrika gelei het.

Coetzee se mede-akademici brei in die laaste afdeling uit oor sy ideologiese standpunte en verras met die onthullings dat Coetzee hom diep tot die 1960’s verbind gevoel het. Dit was ’n tyd dat hy veilig gevoel het binne ’n ideaal, ’n kwasi-feudale maatskaplik-politieke bestel. Ons word vertel dat die skrywer nie ware simpatie met die swart vryheidsbeweging gehad het nie, maar slegs op ’n onpersoonlike, intellektuele vlak verstaan het dat dit moes plaasvind.

Intellektuele afsydigheid blyk die oorheersende eienskap van Coetzee se persoonlikheid te wees, soos dit in Summertime beskryf word, en dit word sterk beklemtoon deur die vorm van die memoir – ’n fiktiewe biografie wat die Self op ’n punt tussen geskiedenis en fiksie plaas. Dit bevestig Coetzee se gevestigde siening dat die Self, en enige voorstelling daarvan, net soveel ’n skepsel van die subjektiewe verbeelding as van sy geskiedenis en feite is.

– Manuela Lovisa, dosent van die Engels-departement aan die Universiteit van die Vrystaat. Resensie vertaal.
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.