Breyten skuif grense

2009-11-02 00:58

OORBLYFSEL/VOICE OVER. Breyten Breytenbach. Human en Rousseau. Sagteband. R130.

Mahmoud Darwish (Darwiesj) (1941 tot 2008) was ’n leier in die Palestynse bevrydingstryd en ’n belangrike karakter binne die Arabiese letterkunde.
Hierdie gedig van Breytenbach is ’n lykdig of ’n treurvers. En bekend aan die struktuur van die soort vers word ’n bekende gestorwene vereer. Hier dan deur ’n mededigter wat in sowel Afrikaans as Engels met die digter praat, sy vriend en toeverlaat. ’n Digter wat, soos die spreker, ’n stryder was binne ’n politieke arena. Die gedig is ’n oorblyfsel, ’n naskrif, ’n nawoord. Dit is egter ook op Engels ’n voice over, ’n filmiese term waarin die stem die storie interpreteer vanuit die agterna-perspektief.
Die bundel getuig van Breytenbach se besonderse beeldvermoë: Die maan is soos ’n mandolien, maar ook maagdelik vol (8), terwyl die aangesprokene se skedel soos ’n skip is. Daar is dan ’n volgehoue spanning tussen beweging en stolling, tussen die hier en nou. Breytenbach se gedurfde vermoë om telkens grense te verskuif, is eweneens hier aanwesig. Die leser is deurgaans bewus van die verlies wat deur die gedig spreek.
Dit het alles begin toe Magmoed se slagaar kronkelend en sloom soos ’n pers slang gebars het. Die digter doen dus ’n bestekopname namens ’n mededigter met ’n gewete. Op ’n retoriese wyse word die volk dan ook aangespreek en tot orde geroep. Eers wanneer alle mense begrip het vir ander se ellendes kan daar van so ’n begrip, naamlik volk, sprake wees:
ons sal ’n volk wees wanneer die sedepolisie
die hoer en die owerspelige vrou gaan beskerm
teen die klip en die klap van die knuppel op straat (bl. 28)
Die digter Breytenbach is dus buikspreker vir sy mededigter.
In die nawoord verduidelik Breytenbach hoe intens sy gedigte vervleg is met die gedigte van Darwish.
Hier is dan sprake van verskillende reise: van die lewe na die dood, van een digkuns na ’n ander en uiteindelik: van selfgesprek tussen Afrikaans en Engels. Die twee spieëltekste maak belangrike stellings oor hoé die digter van die een taal na ’n ander beweeg of reis.
“Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuigings. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat wat nou stil geword het” (bl. 62).
En die noulettende leser sal veel plesiere (eintlik jouissance) put uit die eindelose vervlegtings tussen twee digters se tekste én hoe Breytenbach uiteindelik sy eie Afrikaanse teks verander en subverteer.
’n ander dag sal aanbreek, ’n vroulike dag
deursigtig in vergelyking, geheel in syn gebrand (bl. 58)
word
another day will inbreed, froglike and femaletransparent in comparison, gavelled in being
(bl. 59)
Hierdie tekste is helaas nie deursigtig nie. Dit sit vol verwikkelde en opwindende raaisels wat die leser moet oplos. Soos waarom word vroulike herdig in
froglike / female / womanly?
En op my beurt lees ek weer die gedig as ’n briljante gesprek met Julia Kristeva se nooit-volprese studie oor digterlike taal, Desire in language, waarin die siening van poëtiese taal as intiem-vroulik gedefinieer word. ’n Terugbeweeg in die semiotiese of pre-simboliese dimensie. Hierom dan ’n tersaaklike beeld soos “water sal syfer uit die klip / se skoot” (58).
Dit is ’n teks, nee, eintlik twee tekste, waaragter vele ander skuilhou, wat die liefhebber van die digkuns sal behaag.
Die bundel is ’n treursang of lykdig.
By geleentheid het die digter hierdie bundel beskryf as ’n collage, oftewel getransformeerde variasies.
Die afskeid van die geliefde vriend is terselfdertyd ’n bewus wees van ’n eie nietigheid en sterflikheid.
bo die bouvalle skater ’n leedvermakerige maan
soos ’n mal vrou met ’n stukkende skepbeker
wanneer sy haar gesig in die put sien verrimpel (bl. 54)
Onsienbaarheid / unseeingness – niksheid. Hieroor het Breytenbach al so uitgebreid gedig.
En die spieëls sal inderdaad aan die stemme gehang word.
– Joan Hambidge, digter en akademikus
 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.